Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Altelekker by die See

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: A. Ferox-straat 102, Danabaai, Mosselbaai, 6510, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 600 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Altelekker By die See is 'n selfsorgwoonstel in Danabaai, Mosselbaai. Ons is 1,2 Km vanaf Danabaai se strand en 10 Km vanaf die bekende Diaz en ATKV Hartenbos strande. Bewonder die skoonheid van die Tuinroete, een van die voorste vakansiebestemmings van Suid-Afrika.

Ons bied 'n 3 slaapkamer duplekswoonstel, met 'n dubbelbed in elk van die twee kamers, die derde kamer met 2 enkelbeddens. Daar is twee badkamers in die eenheid, een met 'n bad en 'n stort. Die leefarea bestaan uit 'n oopplan-kombuis, -eetkamer, 'n TV-kamer met volledige DSTV-pakket en gratis WiFi.

Daar is twee balkonne, een wat uitkyk oor die see en pragtige sonsondergang. Sit terug en ontspan terwyl jy die skoonheid van ons streek geniet.

Die tuin het 'n buitebraai-area, onderdakparkeerplek vir een voertuig en oop parkeerplek vir 'n ander voertuie, alles agter geslote hekke. Alle beddegoed en handdoeke word voorsien, bring net jou strandhanddoek saam.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Mooi uitsig
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 122 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Schalk W
Gesin met tieners
5.0
Uitstekend. Baie vriendelike gastehuis. Waarde vir geld. Skoon en netjies.
Mrt 2025
Riaan G
Gesin met klein kinders
5.0
Sal definitief weer kom kuier. Kan Altelekker by die See aanbeveel, het vir 3 weke daar vakansie gehou. Baie stil omgewing, baie privaat, regtig ruim ...
Sien meer
Feb 2025
Ashley T
Gesin met klein kinders
5.0
Absolutely perfect! It was definitely worth the money. Uncle Abrie is so kind and makes you feel right at home. I will definitely book ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2024
Helena O
5.0
Bespreek vir ons seun se troue en sy gevolg. Baie tevrede en lekker. Dankie! Heerlik gebly. Skoon, netjies en die uitsig is pragtig.
Des 2024
Andre F
5.0
Enjoyable indeed! We thoroughly enjoyed our stay in a superb environment.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Abrie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 122

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • A. Ferox-straat 102, Danabaai, Mosselbaai, 6510, Wes-Kaap
  • Gaste dink Altelekker by die See het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 600
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R 1 600
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: A. Ferox-straat 102, Danabaai, Mosselbaai, 6510, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGZjYTc0NzgzLTc3MWMtNDJmZC1iYmM5LTE4MTAwYzI4Y2JiNQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 600 per nag, vir 6 mense 122 5 1 5 102 A. Ferox Street Dana Bay 6510 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.198369 22.039918

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang