Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sea Cottage on Julia

Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 15% af

Kry 15% af vir verblyf wat 10 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 31 Jan 2025 tot 30 Nov 2025.

  • Kapasiteit: 8 persone
    4 volwassenes, 4 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 5 Julia Street, Franskraal, Gansbaai, 7200, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 295 R1 951 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Sea Cottage on Julia is 'n lieflike selfsorgvakansiehuis in die hartjie van Franskraal, Gansbaai. Dit is 'n wonderlike opsie vir 'n kuswegbreek in die Overstrand vir 'n gesin of 'n groep vriende aangesien hierdie huis net 'n entjie van die strand af is.

Hierdie eiendom kan gemaklik altesaam 4 volwassenes en 4 kinders op 'n slag akkommodeer en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 stapelbeddens vir kinders. 'n Stort-oor-bad is beskikbaar in die tweede badkamer.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, koffiemasjien, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. 'n Skottelgoedwasser is ook beskikbaar. Vanuit hierdie kombuis lei 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Die sitarea het gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n TV. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Buite is 'n onderdakstoep met 'n ingeboude braai wat 'n wonderlike plek is vir gaste om te ontspan en 'n skemerkelkie te geniet. Dit is ideaal geleë om alles in die omgewing te verken, van die bekende haaihokduiktoere in Kleinbaai tot walviskyk en selfs perdry langs die strand. Franskraal is sowat 30 minute se ry vanaf die bekende Hermanus, bekend vir sy pragtige natuurskoon, besienswaardighede en restaurante.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

4

2 x Kinderstapelbed

Badkamer

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Volledige kombuis
Wasmasjien
Kaggel
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Lida Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 69

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • 5 Julia Street, Franskraal, Gansbaai, 7200, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 295
R 2 295 R 1 951
per nag (plek vir 8)
Vanaf R2 295
R 2 295 R 1 951
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
    4 volwassenes, 4 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 5 Julia Street, Franskraal, Gansbaai, 7200, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA210f2a11f5d28ef3a2e9db1400a8fc57a8a5cf6e3cd86f1c67d240140beb40f033b6fe8a688b210e9977804e615d9a3184f2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R2 295 nouVanaf R1 951 per nag (plek vir 8) 5 Julia Street Franskraal 7200 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-21:00 10:00 -34.6027297 19.3943773

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang