Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

18 on Adderley

Langtermynverblyf-aanbod 15% af

Kry 15% af vir verblyf wat 20 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 1 Apr 2025 tot 31 Aug 2025.

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Adderley-straat 18, Robertson, 6705, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 265 R1 076 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

18 on Adderley is 'n selfsorgkothuis in die dorpie Robertson in die Wes-Kaap en bied gehalte, rustige verblyf in 'n dorp vol geskiedenis en goeie wyne.

Die kothuis beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer en kan tot 4 persone (kinders ingesluit) op 'n slag akkommodeer. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat op versoek in 2 enkelbeddens omskep kan word. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens wat op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Beddegoed en linne word vir gaste se gerief voorsien. Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak met handdoeke wat ook voorsien word.

Die kombuis is volledig toegerus met al die nodige geriewe wat nodig is vir 'n sorgvrye, selfsorgverblyf. Koffie- en teemaakgeriewe word ook voorsien. Daar is 'n lieflike sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV met 'n stroomtoestel vir Netflix. Daar is geen DStv nie.

Daar is 'n binnebraai-area sowel as 'n agtertuin met buitebraaigeriewe.

Daar is ook onderdakparkeerplek vir 1 voertuig.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Openbare vervoer naby
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Stroomdienste
Braai
Vuurmaakhout

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 43 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.0
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.3
Gaste se hoogtepunte
Elzaan M
Saam met vriende
5.0
Rustig, gemaklik en mooi. Wat 'n oulike plek! Ons het ons tydjie baie geniet, die huisie is lekker ruim en goed toegerus. Die pub oorkant het glad nie...
Sien meer
Des 2024
Lois D
Saam met lewensmaat
5.0
'n Heerlike nag se rus met 'n lekker kuierplek onder 'n groot avo boom. Heerlik gebly, ongelukkig net vir een aand. Ons gasvrou was uitstekend en baie...
Sien meer
Des 2024
Danelle B
Besigheidsreis
5.0
Baie gelukkig. Ons was baie gelukkig met die verblyf, dit was netjies, skoon en baie naby aan alles geleë in die dorp. Dit is 'n hele huisie met twee ...
Sien meer
Okt 2024
Dina V
5.0
Lekkerste lekker. Ja die huis is regtig baie oulik en veilig. Ons het baie lekker daar gebly. Sal beslis weer daar gaan kuier!
Aug 2024
Nadia D
Saam met lewensmaat
5.0
Great stay in Robertson. Such a spacious and comfortable place. It was clean and had all the conveniences we needed. Highly recommended...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Elma Geverifieer

Eiendomme 5

Resensies 193

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Adderley-straat 18, Robertson, 6705, Wes-Kaap
  • Gaste dink 18 on Adderley het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 265
R 1 265 R 1 076
per nag, vir 4 mense
Vanaf R1 265
R 1 265 R 1 076
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Adderley-straat 18, Robertson, 6705, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGRjYTkwZGUzLTM1MjQtNGZmZi1iNjU0LWVlMDAzZjg4MjMwNQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 265 nouVanaf R1 075 per nag, vir 4 mense 43 5 1 5 18 Adderley Street Robertson 6705 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-20:00 10:00 -33.807098 19.8823219

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang