Verified Reviews
Sea Park
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Sea Park
Rated 4.1 out of 5 based on 17 reviews.
"Rustige buurt. Probeer Sea Park Indian Delights vir egte Indiese kosse. Port Shepstone gholfbaan het uitstekende spesiale aanbiedings as jy laat in die dag wil speel. Addington Spar is klein, maar voldoende. "
"There is such a lovely community at Sea Park. The beaches are the best along the Natal coastline!"
"Sea Park is sentraal, naby genoeg aan Port Shepstone vir inkopies, maar ook nie so naby dat die besige dorp lastig is nie. Is ook naby genoeg aan South Gate Mall en Shelly Centre vir 'n heerlike uitstappie."
"Alles wat nodig is, is baie naby. Winkels, lekker strande om van te kies en te keur."
"Privaat en naby aan strand. Goeie gesinsplek of selfs saam met vriende wat deel. Vrystaat is ver om te ry en dit was absoluut die moeite werd."
"Sea Park is 'n baie rustige area, bietjie ver van strande maar anders puik as jy net wil ontspan."
"Nie baie restaurante in die omgewing nie, tog is dit baie sentraal geleë aan die Suidkus."
"Baie goed. Alle geriewe soos veilige strande en inkopiesentrums naby. Besienswaardighede soos Oribi Gorge, Lake Eland Park en wildtuin naby. Sal definitief weer daar vakansie gaan hou."