Verified Reviews
Escarpment
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Escarpment
Rated 4.4 out of 5 based on 1037 reviews.
"Mooi dorpie met geen potensiaal. Toerisme-agentskappe word dan betaal om toeriste daarheen te neem."
"We've visited Dullstroom a couple of times and we're always sad to leave. It's the feeling of being part of a bigger family. It's wonderful. We are in love with Dullstroom and it's beautiful surroundings. "
"Heelwat om te sien en te doen in die omgewing. Kyk gerus vooraf op Google en maak seker dat jy nie op iets uitgemis het nie. "
"Ons het nie Waterval Boven binnegegaan nie. Aanduidings is dat die dorp doodloop as gevolg van die nabygeleë tolhek (R78 tolgeld). Glo is daar nie meer 'n enkele werkende restaurant in die dorp oor nie."
"Die House of Whiskeys se jenewerproe is die moeite werd, asook Charlie S se Dullstroom-ontbyt."
"Dullstroom bied baie lekker eetplekkies, maar die winkeltjies is nie meer soos 20 jaar terug nie. Die brouwery (laaste winkel aan die linkerkant van Pretoria se kant af) is lekker om die biere te proe, maar die pryse is hoog vir matige kos. Gaan koop kaas by die kaaswinkel (eerste kompleks aan die regterkant van Pretoria se kant af), forel by Millies (laaste winkel regs vanaf Pretoria) en tamatie- en vyekonfyt by Cat and Cow (Tonteldoos). Koop maar die res van jou kos by die huis. Daar is 'n oulike kunsvlieghengel-winkel met alles wat jy nodig het en baie vriendelike diens (êrens in die middel). Restaurante maak nie almal vroeg oop nie, Ou Transvaal is vroeg oop en bied goeie waarde vir geld en 'n kaggel, en oorkant die straat, langs die wafelplek, is hulle ook vanaf 7 uur oop met 'n heerlikke variasie van ontbyte en oulike goed om te koop ... en 'n kaggel!"
"Kunstige dorpie, maar 'n mens gaan tog nie vir die winkels en restaurant nie, maar vir die kaggelvure, rooiwyn en forel!"
"Die natuuraktiwiteite en padaanwysings buite die dorp kon beter geadverteer word onder meer die pad na die Verloren Vallei-natuurreservaat. Baie winkeltjies was op Maandae en Dinsdae gesluit en teleurstellend. Daar is caie eetplekke, maar ons sou graag 'n groter verskeidenheid winkeltjies wou sien. Verder baie rustig en lekker gerus. Die omgewing is lieflik met grasvelde, vleilande, riviertjies en damme."
"Klein dorpie, maar daar is alles wat 'n mens nodig het. Die Long Tom-pas was pragtig, maar senutergend in die mis. Daar is pragtige uitsigte op pad na Sabie."
"Dullstroom is 'n baie lekker vakansiedorpie en om daar rond te loop. Dit is net 'n bietjie duur vir ons arm Suid-Afrikaners. "
"Dullstroom is interessant en was lekker om tussen al die winkeltjies rond te loop. Eetplekke is ook heerlik."
"Dullstroom is oulik en snaaks om oor te bly vir 'n dag of twee. Maar dis 'n plekkie waardeur mens ry omdat jy op pad is na iewers beter. Die uiteet opsies in Dullstroom is wel enige foodie se droom, en behoort deeglik verken te word. Gaan besoek beslis op 'n leë maag. Die Mastercard gaan seerkry, maar magtag, 'n mens leef net een maal. Eet is lekker, baie eet is baie lekker."
"Dis 'n klein besige dorpie met baie om te sien. Ons was verbaas oor die keuse tussen 23 restaurante. Dullstroom word verseker beter onderhou en ontwikkel as die ander klein dorpies in die area."
"Roads need to be upgraded in Dullstroom and its surrounds."