Geverifieerde Resensie
Kranspoort
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kranspoort bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 35 resensies.
"Wonderlike gasvryheid. Smaakvolle verblyf en fantastiese restaurant. Uitstekende diens!!"
"Kan nie rede sien hoekom iemand daar sal oorslaap as jy reis nie. Daar is niks om te doen nie."
"Kranspoort is lekker vir 'n lang naweekwegbreek, ek dink wel nie daar is veel om te doen vir klein kinders in die omgewing vir 'n langer wegbreek nie. Die area is baie mooi en ideaal vir rustigheid weg van die stad af."
"It is truly a gem. Words cannot dictate the experience of this place and it only when you experience it that you understand the gem of the place."
"As jy wil afskakel en rus is dit die beste plek min om te doen, so jy kan heerlik re-charge."
"Potensiële vakansiegangers behoort meer volledig gewaarsku te word oor hitte en gevaar van sonbrand asook die baie muskiete."
"Met baie reën kan van die grondpaaie en strate 'n uitdaging wees vir kleiner motors, andersins pragtige bosveld."
"Dit is baie lekker om Kranspoort te besoek - dit is 'n rustige woonbuurt in die natuur en was heerlik om wilde diere te sien rondloop tussen die woonhuise om te eet en te drink by die water en kospunte. Die grondpaaie na die wild-area is beperk vir gewone voertuie, die meeste en grootste gedeelte van die grondpaaie is baie beslis nie vir enigiemand met gewone sedan-motors nie, dit is selfs ook nie geskik vir 'n lae 4x4-voertuig nie."
"Kranspoort is 'n baie mooi omgewing met Loskopdam wat 'n goeie toeristebestemming is naby. Ek glo in die somer sal dit nog mooier wees. Dis ook 'n baie veilige omgewing."
"Kranspoort is tans ons nommer 1 toeristebestemming in Mpumalanga. Dis 'n veilige pad soontoe, nie ver nie. Dis regtig 'n vakansiedorp, almal wat daar is, is daar om te ontspan. "
"Kranspoort is een van die mooiste plekke wat ek nog gesien het, dit is rustig en die uitsigte is asemrowend."