Geverifieerde Resensie
Arniston
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Arniston bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 180 resensies.
"Pragtige strande en heerlike swemplekke. Lekker sandduine om te hardloop, asook ideale plek vir fotograwe."
"Dit is 'n rustige plek wat ek vir enige iemand sal aanbeveel om bietjie vakansie Te gaan hou. Die atmosfeer is wonderlik."
"Arniston is beeldskoon en die perfekte plek om te gaan rus en weer jou siel te vind. Daar is soveel geskiedenis in die dorpie. September was inderdaad die perfekte tyd om walvisse te sien. Ons het meer as ses in net een oggend gesien. Die grot is 'n moet sien en baie spesiaal."
"Kan dit beslis vir enige natuurliefhebber aanbeveel. Let net daarop hier is geen winkels of OTM's nie."
"Arniston is 'n wonderlike plekkie. Sal graag weer wil gaan maar eerder hotel toe."
"Vir my persoonlik die mooiste dorpie. Rustigheid van dorpie en uitsig by see sal my altyd bybly."
"Arniston het my aangenaam verras. Sal verseker weer daar verby gaan. Die uitstappie na die grot was een van die hoogtepunte."
"Die regte bestemming as jy die natuur wil beleef en wegkom van die stad. Ongelooflike mooi see en veilige strand ervaring."
"Dis stil buite seisoen - moenie naglewe verwag nie, maar dis naby genoeg vir 'n heerlike dagrit na L'Agulhas."
"Baie stil en rustig. Naby genoeg aan Bredasdorp indien jy iets nodig sou kry. Min dorpies wat nog so ongerep is. Love dit!"
"Dit is die heel mooiste geheim in Suid-Afrika. Dit is voorwaar 'n plekkie waar 'n mens weer kan mens word."
"Arniston is a delightful little fishing village. The ideal place for a quiet breakaway."
"As die wind waai dan waai hy, jy waai weg. Neem genoeg vermaak as jy nie kan uit. Beveel Wanda's retaurant aan. Gehalte vars kos en lekker atmosfeer. Neem net n bottel wyn saam."