Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Coastal Chic Getaway at Marina

Selfsorg
Spesiale Aanbod 20% af

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 14 Mrt 2025 tot 30 Apr 2025.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kingston Place, Marina Martinique, Jeffreysbaai, 6332, Oos-Kaap
  • Vanaf R2 800 R2 240 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Coastal Chic Getaway at Marina is op die skilderagtige Marina Martinique in Jeffreysbaai geleë en is 'n stylvolle selfsorgwoonstel wat die perfekte opsie is vir 'n onvergeetlike verblyf aangesien dit spog met asemrowende uitsigte oor die marina.

Dié woonstel op die tweede verdieping het 'n kapasiteit van 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en maak gebruik van die tweede badkamer met 'n bad en 'n stort. Skerp wit linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Die leefarea vertoon 'n oopplan-ontwerp en beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, lugbraaier, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware. 'n Sentrale etenstafel met 4 sitplekke is ook in die kombuis beskikbaar. Vir gaste se gerief is 'n wasmasjien en 'n skottelgoedwasser ook beskikbaar. Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV met 'n volledige verskeidenheid DStv-kanale. Gaste het toegang tot gratis WiFi regdeur die woonstel.

Die stapeldeure van die leefarea maak oop op 'n ruim patio met buitemeubels en 'n ingeboude vlekvrye staal braai wat 'n ideale plek is vir 'n heerlike skemerkelkie terwyl jy die omliggende uitsigte ten volle bewonder.

Gaste word bederf met direkte toegang tot die kanale wat veilig is vir swem op daardie warm somersdae. Kano's is ook beskikbaar vir gaste se gebruik. Die ligging van hierdie woonstel is 'n paar kilometer van Jeffrey's Bay Sentraal en Dolphins Beach af, maar daar is talle restaurante en winkels in die omgewing.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Mooi uitsig
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Stroomdienste
Braai

Ligging

  • Kingston Place, Marina Martinique, Jeffreysbaai, 6332, Oos-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 800
R 2 800 R 2 240
per nag (plek vir 4)
Vanaf R2 800
R 2 800 R 2 240
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kingston Place, Marina Martinique, Jeffreysbaai, 6332, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0a2edf3e0ad97f40ff4845f4a6b14e68a677371e72b0ac7ba0939be2d05c836f413b95ae6e110f4f3a487f6f11191abd1710?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R2 800 nouVanaf R2 240 per nag (plek vir 4) Kingston Place Marina Martinique 6332 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.073520347277 24.913346641872

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang