Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Walker's Stay

  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ruby-weg 14, San Michel, Noordhoek, 7979, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 150 per nag, vir 5 mense

Beskrywing

Walker`s Stay is 'n selfsorg-eenheid wat op die eienaar se eiendom op die tweede verdieping in Noordhoek geleë is. Die eenheid is ideaal vir 2 volwassenes en 2 kinders wat die natuurskoon van die diep suide van Kaapstad wil verken.

Die woonstel het sy eie privaat ingang, veilige parkeerplek agter 'n hek, en is heeltemal van die hoofhuis verwyder. Die kothuis het 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met toilet, wasbak en stort. Vars linne en sagte badkamerhanddoeke word voorsien.

Die oopplan-kombuis is volledig toegerus met 'n stoof, 'n oond, yskas-vrieskas, breekware en eetgerei. Die oopplan-leefarea het gemaklike stoele en 'n TV. Gratis WiFi word ook vir gaste voorsien.

Gaste kan van die verhitte swembad gebruik maak en die lieflike patio langs die woonstel het 'n Weber-braai. Gaste moet asseblief hul eie braaibrikette saambring.

Die eienaar Delon is 'n gekwalifiseerde SAMSA skipper en het sy eie privaat diepsee vissersboot genaamd Heliox. Op afspraak met die eienaar kan gaste diepsee-hengel en of 'n sonsondergangrit ervaar waar mens walvisse, dolfyne en asemrowende sonsondergang kan ervaar.

Ander doendinge kan ook gereël word soos wynproe, fietsry om Kaappunt, hardloop op Chapmans Peak of stap oor enige van die nabygeleë Tafelberg Nasionale Park-roetes, alles naby die eiendom.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Leefarea 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Leefarea

3

1 x Enkelslaapbank

1 x Dubbelslaapbank

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 37 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Scott W
Gesin met klein kinders
5.0
Very welcoming hosts with lovely accommodation and facilities. Wonderful cottage in a beautiful setting. The family were very welcoming...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2025
Stephan S
Saam met vriende
5.0
Gerieflik, bekostigbaar en netjies. Aangenaam verras met die klein maar gerieflike slaapplek. Sal definitief weer daar gaan slaap as ek daar naby kom.
Nov 2024
Henko V
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig, mooi en lekker. Baie lekker rustig gebly. Baie vriendelike mense en pragtige omgewing.
Okt 2024
Elizane B
Gesin met tieners
5.0
Gasvry, vriendelik. Ek het my terdee geniet, veral my kinders en die ontvangs was baie goed en die huismense was baie vriendelik.
Mrt 2024
Annalien S
5.0
Baie aangename plekkie toegerus met als wat mens benodig. Swembad was 'n bonus. Het ons verblyf baie geniet.
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Claret Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 37

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Ruby-weg 14, San Michel, Noordhoek, 7979, Wes-Kaap
  • Gaste dink Walker's Stay het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 150
per nag, vir 5 mense
Vanaf
Vanaf R 1 150
per nag, vir 5 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ruby-weg 14, San Michel, Noordhoek, 7979, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA73ede1914043514d639fd3b9f772869c534641056f8bc50e515fabde7b1ca6f665bf316fe67de6bb6769c6ddcd3d9321c76d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 150 per nag, vir 5 mense 37 5 1 5 14 Ruby Way San Michel 7979 Wes-Kaap 021 201 8901 13:00-21:00 10:00 -34.10694 18.39528

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang