The Hide
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Beefwood-sirkel 132, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
- Vanaf R2 500 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
The Hide is 'n ruim vakansiehuis in die kusgebied van Wavecrest, Jeffreysbaai en is 'n ideale eiendom vir 'n onvergeetlike gesinsvakansie aangesien dit spog met 'n tuin met 'n trampolien en 'n sandput.
Dié eiendom kan tot 8 gaste op 'n slag akkommodeer en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, terwyl die derde slaapkamer 'n dubbelbed het. 'n Bad en 'n stort is beskikbaar in die tweede badkamer, terwyl die derde badkamer 'n stort het. Die vierde kamer het 'n stapelbed.
Die leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, 'n klein elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. Daar is ook 'n eetarea met sitplek vir 6 gaste asook 'n sitkamer met gemaklike sitplek. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.
Deur die skuifdeure is daar 'n onderdakstoep met buitesitplek en 'n braai. Die ligging van hierdie eiendom is 'n entjie se ry van die strand af, asook 'n kort entjie se stap vanaf winkels en restaurante.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Stapelbed
Badkamer
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Valerie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 3
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Beefwood-sirkel 132, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
- Gaste dink The Hide het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Wavecrest Jeffreysbaai Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Beefwood-sirkel 132, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang