Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Strandloper

Langtermynverblyf-aanbod 15% af

Kry 15% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Waterkantstraat 73, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 600 R1 360 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Strandloper bied gehalte vakansieverblyf oorkant die strand. Die vakansieverblyf spog met 'n onverbeterlike uitsig oor die see en riviermond.

Die verblyf bestaan uit 2 selfsorg-eenhede en bied slaapplek aan tot 6 gaste in elk. Die woonstel op die onderste verdieping het 2 slaapkamers, 1 met 'n dubbelbed en die tweede met 2 enkelbeddens, elk met hul eie badkamers, en plek vir 2 kinders in die sitkamer.

Die balkonwoonstel het 1 slaapkamer, toegerus met 'n dubbelbed en 'n solderarea met 4 enkelbeddens.

Albei eenhede het 'n toegeruste kombuis met 'n wasmasjien en 'n braai-area. Gaste kry ook veilige parkeerplek vir beide die eenhede.

'n Volle see-uitsig kan deur albei eenhede geniet word.

Die dorpie, Stilbaai, is op die oewer van die Goukourivier wat ongeveer 15 km strek. Weerskante van die riviermond in die see bied veilige strande. Die dorp is baie gewild vir visvang, swem, seil, vlieërbranderry, kanovaart, fietsry en vele meer. 'n Verskeidenheid voëllewe, fauna en flora kan ook gesien word op die verskillende staproetes wat beskikbaar is.

Stilbaai beskik ook oor sy eie gholfbaan. Buiten al die buitelugaktiwiteite is daar 'n verskeidenheid winkels wat gaste sal lok.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 105 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Peter Graham L
Saam met lewensmaat
5.0
Excellent beach holiday rental. Everything was great. Perfect location, lovely view, well appointed, comfortable. Everything we needed ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2025
Stephnie D
Saam met lewensmaat
5.0
Hoogtelik aanbewysbaar! Ons sal beslis teruggaan! Asemrowende uitsig! Veilige, gemaklike en baie netjiese verblyf!
Jan 2025
Naomi V
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige uitsig oor die see en riviermond, naby die strand vir vinnige swem. Ons het baie lekker gebly. Strandloper het die perfekte ligging en alles ...
Sien meer
Jan 2025
Nanette S
Saam met lewensmaat
5.0
We will be back. Everything was good, clean and well maintained. The view was stunning!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2024
Bernadette O
5.0
Hemels! Stilbaai op sy beste. Die view van die stoep af is die beste!
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Trudie Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 162

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Waterkantstraat 73, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
  • Gaste dink Strandloper het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 600
R 1 600 R 1 360
per nag, vir 2 mense
Vanaf R1 600
R 1 600 R 1 360
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Waterkantstraat 73, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAALDOL0sJOF2isX9zOnp3VJrOcs5e5elU3xDsYHv34HG1SNX9Kr8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 600 nouVanaf R1 360 per nag, vir 2 mense 105 5 1 5 73 Waterkant Street Still Bay 6674 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -34.379538509893 21.421545997518

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang