Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Stay @ Adderley 9A

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Adderleystraat 9A, Robertson, 6705, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 800 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Stay @ Adderley 9A bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n lieflike huis in die hartjie van Robertson.

Dié huis het slaapplek vir tot 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers asook 'n gastetoilet. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Die ander 2 slaapkamers het elk 2 enkelbeddens en maak gebruik van die tweede badkamer met 'n stort. Al drie slaapkamers het 'n opsie van óf 2 enkelbeddens óf 'n koninggrootte-bed. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.

Dié ruim eenheid sluit 'n kombuis en 'n oopplan-sitkamer en -eetarea in. Die kombuis is volledig toegerus met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttafel. Komplimentêre tee, koffie en suiker word voorsien.

Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n slim-TV met Netflix. Daar is geen DStv nie. Buitebraaigeriewe en toegang tot WiFi is beskikbaar.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 3 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Openbare vervoer naby
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
Stroomdienste
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 38 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Robyn B
Saam met vriende
5.0
Dit was lekker! Ek het baie lekker gebly. Ek het die plek aanbeveel op TikTok blad en baie wil graag gaan.
Feb 2025
Janus E
Saam met lewensmaat
5.0
Sal vir seker weer daar bly. Van die beste plekke waar ons al gebly het. Nuut en netjies met meer as wat 'n mens kan nodig hê.
Des 2024
Natalie B
5.0
Baie gelieflike, netjiese huis. Baie lekker gebly, maar ons het gevoel dat die braai geriewe bietjie opgeknap kan word.
Des 2024
Feroza S
Saam met lewensmaat
5.0
It is for sure a gem of a house with a beautiful garden and in a safe area. It was peaceful and safe.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2024
Marina T
Saam met vriende
5.0
Lekker gebly. Baie lekker gebly, veilig, naby alles en die huis is ook goed toegerus met alles wat jy benodig. Baie vriendelik ontvang.
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Elma Geverifieer

Eiendomme 5

Resensies 193

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Adderleystraat 9A, Robertson, 6705, Wes-Kaap
  • Gaste dink Stay @ Adderley 9A het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 800
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R 1 800
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Adderleystraat 9A, Robertson, 6705, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb87e22ee09d0ee9a3ed869bc28b2db377647bf7ec920807d8ab35363ce44086ced9aacd371cafb23314b80e508284886bb26?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 800 per nag, vir 6 mense 38 5 1 5 9A Adderley Street Robertson 6705 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-20:00 10:00 -33.8079413 19.8825839

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang