Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Skitterland Gastehuis

Gastehuis
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Piet Retiefstraat 15, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
  • Vanaf R1 160 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

By Skitterland gaan dit oor jou, want jy verdien niks anders as die allerbeste nie. Sutherland in die algemeen en Skitterland in die besonder is nie net 'n mooi gesig nie, o nee. Hier vind jy nie net die koudste plek in Suid-Afrika nie, maar ook die skoonste lug en die grootste teleskoop wat Afrika kan bied.

Luuksheid is die sleutelwoord wat Skitterland die beste beskryf. Luuks, gekombineer met ouwêreldse sjarme en omgewing is 'n kombinasie wat nie maklik is om te ignoreer of te vergeet nie. Hartlike, vriendelike diens tesame met fantastiese spyseniering en skoonmaakdienste sal 'n onoortreflike ervaring verseker. Jy sien, ons wil hê jy moet weer en weer terugkom, en jou vriende ook bring.

Elke kamer beskik oor 'n waaier of lugversorging, ondervloerse verhitting, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n haardroër en 'n plasma-TV. 'n Plaasstyl-ontbyt kan daagliks in die ontbytkamer geniet word.

Skitterland het 'n plonspoel vir die warm somersdae. Veilige onderdakparkeerplek word voorsien. WiFi is beskikbaar in die ontbytkamer.

Ons doen niks in halwe mate nie, want ons gaan alles in om jou die beste in verblyf en kookkuns te gee. As jy hulp nodig het met die bespreking van aandetes, wêreldbekende Observatory en sterrekyk sal ons graag help.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 121 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Nick C
Saam met lewensmaat
5.0
A starry place to enjoy the stargazing capital of SA. The swimming pool was a godsend in the Karoo midsummer heat. The breakfasts were ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2025
Gisela V
Gesin met klein kinders
5.0
Lieflike! Was ongelooflik lekker en soveel moeite is vir ons gedoen! Baie baie dankie! Hulle het selfs iets vir ons gekoop en gereed gehad om te braai...
Sien meer
Jan 2025
Denise B
5.0
Wonderful stay, lovely comfortable rooms, amazing hostess. We had a wonderful stay at Skitterland! Anelia was an amazing hostess, going...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2025
Laetitia V
Gesin met tieners
5.0
Wonderlike gasvryheid. Dit was heerlik om saam met Anelia te kuier in haar pragtige gastehuis. Heerlike ontbyt. Baie vriendelike diens en goeie raad g...
Sien meer
Des 2024
Heinrich E
Gesin met klein kinders
5.0
Sal dit aan enige iemand voorstel. Uitstekende akkommodasie, gasvryheid uitstekend, kos van hoë gehalte.
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Anelia Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 121

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Piet Retiefstraat 15, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
  • Gaste dink Skitterland Gastehuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 160
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 160
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Piet Retiefstraat 15, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc7a51de9fb7dbf655696158403fe995fd4956ab1853b9ccaea437d119169f5590d438c4e5529281c95445418550ad2f45451?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 160 per nag, vir 2 mense 121 5 1 5 15 Piet Retief Street Sutherland 6920 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -32.396743 20.660831

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang