Seekat
Kry 20% af. Geldig vir verblyf vanaf 24 Feb 2025 tot 17 Mrt 2025.
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langezandt Fishermen's Village, Agulhas, 7285, Wes-Kaap
-
Vanaf
R4 315R3 452 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Seekat is 'n pragtige selfsorgvakansiehuis in die Langezandt-vissersdorpie in Agulhas. Dit is 'n ideale opsie vir 'n kuswegbreek in die Overberg aangesien hierdie eiendom 'n entjie van die strand af is en 'n lieflike buitebraai-area het.
Hierdie eiendom kan gemaklik altesaam 8 gaste op 'n slag akkommodeer wat bestaan uit 4 slaapkamers en 4 en suite-badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n volledige en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Daar is nog 2 slaapkamers met 2 enkelbeddens en 'n en suite-stort in elk, terwyl die vierde slaapkamer 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-stort het.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, Nespresso-masjien, eetgerei en breekware asook 'n sentrale ontbyttafel. 'n Skottelgoedwasser is ook beskikbaar. Vanuit hierdie kombuis lei 'n sitarea met gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n TV met DStv. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.
Buite is 'n onderdakstoep met 'n buite-eettafel en 'n ingeboude braai wat 'n wonderlike plek skep vir gaste om ten volle te ontspan en 'n skemerkelkie te geniet terwyl die vuur brand. Dié patio lei na 'n uitnodigende swembad waar gaste kan afkoel.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.2/5
Sanelle Geverifieer
Eiendomme 61
Resensies 60
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Langezandt Fishermen's Village, Agulhas, 7285, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Agulhas Struisbaai Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langezandt Fishermen's Village, Agulhas, 7285, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang