Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Seaside 8

Selfsorg
  • Kapasiteit: 3 persone
    2 volwassenes, 1 baba
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Drieankerbaaiweg 3, Drieankerbaai, 8005, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 400 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

Seaside 8 is in die hartjie van Drieankerbaai geleë en is 'n pragtige selfsorg-ateljee reg oorkant die uitgestrekte Seepunt-promenade. Dit kan 'n goeie opsie wees vir óf 'n paartjie óf toeriste wat die kusgedeelte van die Moederstad wil verken.

Dié ateljee met lugversorging kan gemaklik 2 gaste op 'n slag akkommodeer en beskik oor 'n oopplan-ontwerp. Dit is ingerig met 'n koningingrootte-bed en sluit 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet in. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring. 'n Kinderbedjie vir 'n baba kan gereël word.

Die stylvolle kombuis is volledig toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n koffiemasjien. Boonop is daar 'n etenstafel met sitplek vir 2 en 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek en 'n TV. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Deur die skuifdeure is 'n balkon waar gaste 'n oggendkoffie kan geniet voordat hulle hul dag begin. Gaste kry veilige parkeerplek op straat. Die ligging van hierdie kompleks is stapafstand vanaf die strand asook talle restaurante en winkels.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

3

1 x Koningingrootte-bed

1 x Kinderbedjie

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

WiFi
TV
Lugversorging
Volledige kombuis

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Lu V
Saam met lewensmaat
5.0
Great. Enjoyable. All we needed.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024
Michelle T
Saam met lewensmaat
5.0
Great. We enjoyed our stay; it was too short. We will definitely be staying at Seaside 8 again.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2024
Michelle V
Saam met lewensmaat
5.0
Fantastiese ervaring. Ons het baie lekker gebly. Baie skoon en netjies en goed toegerus. Goeie kommunikasie van die gasheer (10/10). Ons sal vir seker...
Sien meer
Okt 2024
Courtney T
Saam met lewensmaat
5.0
Pristine and luxurious. Excellent. Pristine condition. We loved our stay and would stay again. Just one suggestion of a mirror in the b...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2024
Kim T
Saam met vriende
4.8
Great! Absolutely amazing! So clean and felt that fresh breeze of the ocean air.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Elana Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 10

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Drieankerbaaiweg 3, Drieankerbaai, 8005, Wes-Kaap
  • Gaste dink Seaside 8 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 400
per nag (plek vir 3)
Vanaf
Vanaf R 1 400
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 3 persone
    2 volwassenes, 1 baba
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Drieankerbaaiweg 3, Drieankerbaai, 8005, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7566a60df31e22e7d6c8ec5a9dff062c5e90437c7ea889c053a6f19f9b20e5e15825b9b202f8bbc2b054e0a211e6860fc61d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 400 per nag (plek vir 3) 6 5 1 5 3 Three Anchor Bay Road Three Anchor Bay 8005 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -33.907003343389 18.397579893779

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang