Goeiemiddag,
Dankie vir die terugvoering en kommentaar en ek vra om verskoning dat julle ontevrede was. Ek wil darem net 'n paar opmerkings maak om dinge in perspektief te stel vir diegene wat dit gaan lees. Die kamer wat julle bespreek het is die kleinste kamer in die gastehuis en ook die goedkoopste teen R350 per persoon per nag. Die kamer is 21vk meter groot so dit voel beknop met die klein kombuisie ook daarbinne en die badkamer. Daar is plek vir groot tasse ek kon julle gehelp het as julle gevra het. Ek voel dit is 'n bietjie onregverdig om 'n telling van 1 uit 5 te kry vir waarde vir geld in ag genome daar is DSTV en lugreeling in die kamer en veilige onderdak parkering. Ek voel ook dis 'n bietjie onregverdig on 1 uit 5 te kry vir ligging aangesien ons baie sentraal gelee is in die ou geddelte van die Strand en 900 meter van die kus af is asook 'n OK regoor die gastehuis het en die winkels is binne stapafstand . Plekke wat luukser en groter is soos die Lord Charles Hotel byvoorbeeld vra R3300 per nag vir 'n gewone kamer.
Vriendelike groete
Ruxmian Lodge