Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Rus en Vrede

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Scotsville 3, Long Acres, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 300 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Rus en Vrede is op die Long Acres Country Estate in Langebaan geleë en bied gerieflike verblyf aan 4 gaste.

Dié huis beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer, 'n kombuis en 'n sitkamer. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed, en die tweede slaapkamer het 'n driekwartbed en 'n uittrekbare enkelbed. Die kamers deel die gebruik van die badkamer wat toegerus is met 'n bad, stort en toilet. Vir gaste se gerief word linne en badhanddoeke voorsien, maar gaste moet hul eie handdoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n 4-plaat-gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, 'n skottelgoedwasser, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is 'n ontbytkroeg waar gaste hul maaltye kan geniet.

Gaste kan ontspan in die sitkamer wat toegerus is met 'n TV met 'n volledige keuse van DStv-kanale, Netflix, WiFi-toegang, asook die binnebraai-area.

Parkeerplek is beskikbaar in die dubbelmotorhuis wat direkte toegang tot die huis het.

Die eiendom het 'n omskakelaar en gaste kan van alle toebehore, ligte, WiFi en geiser gebruik maak.

Langebaan bied 'n verskeidenheid doendinge soos wind- en vlieërbranderry, kajakvaart, visvang, gholf, perdry, bergfietsry, asook besienswaardighede soos die Club Mykonos Casino en Weskus Nasionale Park.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Stroomdienste
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 53 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Astrid B
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties. Dit was 'n baie goeie plekkie om in te woon. Ons het tuis en veilig gevoel. Rustige area.
Jan 2025
Kirsten
5.0
Beautiful, serene views and sparkling clean property. We had an amazing weekend and cannot complain about anything! The owners are very...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2024
Chaleti L
Gesin met klein kinders
5.0
Great. Good service and easy.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024
Jurie V
Gesin met klein kinders
5.0
Aangenaam verras. Die plek sal jou verbaas. Beter as op die foto's. Goeie waarde vir geld en as jy kinders het, pak fietse in.
Des 2024
Mianca K
Gesin met tieners
5.0
Best stay. It was the best stay, lovely, beautiful, and well-rested after the day's shopping.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Johan En Daleen Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 136

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Scotsville 3, Long Acres, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Gaste dink Rus en Vrede het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Scotsville 3, Long Acres, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe3d3f485f2c566254b17c73e07eaa4e2489429d6e88ce0b76ee83c8d6aebb83f531578a1181ce45902cf975c901f6055ad28?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag (plek vir 4) 53 5 1 5 3 Scotsville Long Acres 7357 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.055908527121 18.072558866934

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang