Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Protea Suite

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dumont-straat 2, Courtrai, Paarl, 7646, Wes-Kaap
  • Vanaf R900 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Protea Suite is 'n lieflike ateljee in die lowerryke woonbuurt Courtrai in die suidelike deel van die Paarl. Dit kan 'n goeie opsie wees vir 'n paartjie wat die area wil verken of vir diegene wat op soek is na 'n oornagverblyf vir 'n sakereis.

Dié ateljee kan gemaklik 2 gaste op 'n slag akkommodeer en beskik oor 'n oopplan-ontwerp. Dit is ingerig met 'n koninggrootte-bed wat toegerus is met kraakvars wit linne. 'n Stort, wasbak en toilet is in die en suite-badkamer beskikbaar. Badhanddoeke is ook beskikbaar.

Hierdie lieflike eenheid het ook 'n kombuisie wat toegerus is met 'n mikrogolfoond, yskas, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. Van die kombuis af lei 'n sonnige sitarea waar gaste kan ontspan met 'n koppie koffie. Vir gaste se vermaak is gratis WiFi en 'n slim-TV met Netflix beskikbaar.

Buite is daar 'n privaat patio met sitplek buite en braaigeriewe wat 'n wonderlike plek is vir 'n skemerkelkie in die aand. Gaste het 'n privaat ingang en toegang tot 'n gedeelde swembad op die perseel.

Kamer-opset

1 Leefarea 1 Badkamer

Leefarea

2

1 x Koninggrootte-bed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 16 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Heidi U
Gesin met tieners
5.0
Gerieflik. Gerieflike verblyf met genoeg spasie vir sportsakke tydens 'n toernooi. Oulike gasvrou wat air con aangeskakel het voor ons aankoms in 'n w...
Sien meer
Jan 2025
Maresa V
Besigheidsreis
5.0
Lekker gebly en sal beslis weer daar bly. Die spasie en lig maak hierdie woonstel ideaal vir 'n sakereis. Veral omdat ek 'n drukker en groot rekenaars...
Sien meer
Jan 2025
Furlon I
Saam met lewensmaat
5.0
Amazing, wonderful and a breeze. Our stay was wonderful. The owner was amazing. I would definitely recommend and have a stay again. The...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2024
Pieter P
Saam met lewensmaat
5.0
Beautiful apartment. Very spacious and beautiful accommodation, very private with aircon, WiFi & Netflix. Something can be done to make...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Nov 2024
Elna D
Saam met lewensmaat
5.0
Skoon netjies en sentraal geleë. Baie vriendelik ontvang, ongelooflik mooi en skoon, sal definitief weer daar slaap en my vriende aanbeveel.
Nov 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Elsa Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 30

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Dumont-straat 2, Courtrai, Paarl, 7646, Wes-Kaap
  • Gaste dink Protea Suite het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 900
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 900
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dumont-straat 2, Courtrai, Paarl, 7646, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA28737fcfdeeebc82ed7735b65ae2c6eb41fbd859c6fcedc39b352d49638c57815f03fdfe6578b882588777b6176785a94a23?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag (plek vir 2) 16 5 1 5 2 Dumont Street Courtrai 7646 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.7694614 18.953045648479

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang