Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Oxnead Guesthouse

Gastehuis
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Johanita-straat 802, Moreletapark, Pretoria, 0044, Gauteng
  • Vanaf R750 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Oxnead Guesthouse bied verblyf in selfsorgkamers en ontbyt kan apart bespreek word. Die gastehuis is in Pretoria geleë. Dis ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf naby geriewe.

Hierdie verblyf het sonkrag en word nie deur beurtkrag geraak nie, die sonkrag dek alles in die verblyf.

Verblyf by Oxnead Guesthouse word aangebied in 6 kamers wat smaakvol ingerig is. Hierdie kamers beskik oor 2 enkelbeddens of 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Geriewe in al of meeste van die kamers sluit in: gratis WiFi, 'n TV met sekere kanale, kombuisgeriewe en -toebehore. Sekere kamers het lugversorging of waaiers.

Hierdie huis in Georgiaanse styl het 'n stil, rustige en vriendelike atmosfeer wat ideaal is vir sakereisigers én vakansiegangers. Die huis is in 'n veilige doodloopstraat en naby aan winkelsentrums soos Menlyn, Woodlands, Parkview en The Barnyard geleë.

Oxnead Guesthouse is binne 'n 10 km radius van welbekende gholfbane soos Woodhill, Wingate Park, Silver Lakes, Irene en Pretoria Country Club af. Dis ook naby aan Moreleta NG Kerk, Hatfield Christelike Kerk en Doxa Deo.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
WiFi
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 57 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.7
Veiligheid
4.3
Gaste se hoogtepunte
Hannetjie R
Saam met vriende
5.0
Baie lekker. Ons het baie lekker gebly en ons gasvrou was baie vriendelik en sy het ons baie tuis laat voel.
Mrt 2025
Surina B
Saam met lewensmaat
5.0
Vriendelike ontvangs. Baie netjies en skoon en baie rustige omgewing. Baie lekker geslaap. Baie welkom gevoel. Baie skoon en netjies.
Mrt 2025
Flossie G
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlike verblyf. Baie vriendelike en aangename gasvrou, gastehuis is netjies en skoon.
Mrt 2025
Anzelle F
Saam met vriende
5.0
Klein plekkie maar goed genoeg as jy net wil oornag. Ons het net slaapplek gesoek vir 'n aand uit in die stad en Oxnead was net wat ons nodig gehad he...
Sien meer
Feb 2025
Ronel B
5.0
Rustig en gemaklik. Dit was my tweede keer wat ek daar oorbly. Alles wat jy benodig, is daar. Lekker naby hospitaal en 2 groot winkelsentrums. Pluspun...
Sien meer
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Nelia Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 57

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Johanita-straat 802, Moreletapark, Pretoria, 0044, Gauteng
  • Gaste dink Oxnead Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 750
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 750
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Johanita-straat 802, Moreletapark, Pretoria, 0044, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGVjNWM1NmE5LTMyYjItNGQxZC1iYzYzLTU5YTI1MGYxN2NmZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag, vir 2 mense 57 5 1 5 802 Johanita Street Moreletapark 0044 Gauteng 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -25.8140252 28.2970897

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang