Ons Strandhuisie Mh18
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Melkhoutstraat 18, Pearly Beach Resort, Pearly Beach, 7220, Wes-Kaap
- Vanaf R999 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Ons Strandhuisie Mh18 is 'n selfsorghuis in die Pearly Beach Resort in die kusdorpie Pearly Beach.
Die huis bied slaapplek aan 4 gaste en 2 kinders, en beskik oor 2 slaapkamers, 'n badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Albei slaapkamers het dubbelbeddens. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is 2 matrasse vir kinders, maar gaste moet hul eie beddegoed saambring.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware toegerus. Die eetarea het sitplek vir 6 gaste en 'n binnebraai. Die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV teen die muur met 'n DStv-koppelpunt. Gaste kan hul eie dekodeerder en slimkaart saambring of 'n daaglikse tarief betaal om die DStv te aktiveer.
Die huis is 'n entjie vanaf die winkel met basiese benodighede, die vulstasie, speelpark, wassery en die strand. Die strand is ideaal vir swem en visvang. Gansbaai is die naaste dorp en dis sowat 21 km ver. Gaste kan ook gaan haaihokduik.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Leefarea
2 x Kindermatras vir 1
Badkamer
Stort, Toilet
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Annelene Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 195
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Melkhoutstraat 18, Pearly Beach Resort, Pearly Beach, 7220, Wes-Kaap
- Gaste dink Ons Strandhuisie Mh18 het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Melkhoutstraat 18, Pearly Beach Resort, Pearly Beach, 7220, Wes-Kaap