Neptune
Beskrywing
Die eenheid is n oop plan met n en-suite. Geen rook en geen damprook in die eenheid. Jy is meer as welkom om dit buite die eenheid te gebruik. Die kombuis is klein en vorm deel van die kamer. Daar is n dubbelbed in die kamer. Die Kombuis het n yskas, mikrogolf oond, twee plaat stoof met oond en al die nodige kombuis geriewe. Daar is ook n strykplank, yster, verwarmer en waaier. By die braai area is daar hang plek vir nat klere ens. Die badkamer het n stort, wasbak en toilet. Daar word linne en handdoeke voorsien. Die handdoeke mag slegs in die eenheid gebruik word. Daar is n Slim TV in die kamer waar jy jou eie programme op jou foon na kan stroom. Die eenheid is idiaal vir oorslaap nadat jy die pragtige omliggende gebiede verken het. Braai geriewe op aanvraag. Die braai area is in die opelug.. Die eenheid gee jou net toegang tot die kamer, braai geriewe en dan is daar parkering vir 1 klein motor. Jy kan met n groter voertuig soos bv: n bakkie ook daar parkeer maar dit verg vernuf van jou kant af. Die spasie is groot genoeg en is al deur bakkies gebruik.
Oorsig van kamer/eenheid
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Tariewe
Meer foto's van kamer/eenheid
Dít is wat jy hier sal kry
Gewild
Kombuis & eetkamer
Parkeerplek & toegang
Slaapkamer & wassery
Temperatuurbeheer
Vermaak
Prys sluit in
Basiese selfsorg met verhit-en-eetgeriewe. Geriewe sluit 'n mikrogolfoond, broodrooster, tweeplaatstoof met oond en 'n ketel in. Braaigeriewe op versoek.
Huisreëls
Gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Geen harde musiek word toegelaat nie.
Rook is in die eenheid verbode.
Geen geraas na 22:00 nie.
Gaste kan braaigeriewe vooraf versoek.
Kansellasiebeleid - Pasgemaak
Meer as 1 maand voor die inkloktyd | 100%van die deposito word terugbetaal |
Meer as 1 week voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
Meer as 24 uur voor die inkloktyd | 25%van die deposito word terugbetaal |
Minder as 24 uur voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Neptunes-rylaan 16, Gordonsbaai, 7140, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang