Môrester Selfsorg Gastehuis
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Smitstraat 152, Vosburg, 8780, Noord-Kaap
- Vanaf R1 650 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Môrester is 'n klein juweel in die pragtige Vosburg, Kwêla Dorp van die Jaar Noord-Kaap 2024.
Dié bekoorlike ou Karoo huis is op sonkrag en bied slaapplek aan 6 gaste. Daar is 3 slaapkamers en 1 badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed asook lugversorger. Die tweede slaapkamer het ‘n dubbelbed en die derde slaapkamer twee enkelbeddens, hierdie kamers het waaiers of verwarmers. Die badkamer het 'n ruim instap-stort, dubbel wasbak en toilet.
Die kombuis sluit aan by ‘n eetkamer en ‘n sitkamer (met lugversorger en volle DSTV op groot skerm). Die kombuis beskik oor ‘n ys/vrieskas, mikrogolfoond, gasstofie, breekware, eetware en alle kookgerei.
Die lekker kuiertoep het ‘n ingeboude braai. Buitekant bied ‘n mooi vetplanttuin, ‘n goed verligte groot parkeerarea wat ideaal is vir sleepwaentjies (2 hekke).
Môrester is stapafstand vanaf een van die land se mooiste kerke, die Kontrei Museum, koffiewinkels en die Vosburg Botaniese Veldtuin.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Anna Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 85
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Smitstraat 152, Vosburg, 8780, Noord-Kaap
- Gaste dink Môrester Selfsorg Gastehuis het ’n uitstekende ligging
Toeganklikheid
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Smitstraat 152, Vosburg, 8780, Noord-Kaap