Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Meerkat

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Geen kinders onder 2
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pienaarstraat 454, Nieu-Bethesda, 6286, Oos-Kaap
  • Vanaf R900 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Meerkat is 'n selfsorg-eenheid in die bekoorlike dorpie Nieu-Bethesda in die Oos-Kaap. Dit het 'n privaat tuin en buitebraai-area, asook parkeerplek op die perseel. Troeteldiere word nie toegelaat nie.

Daar is 'n lieflike uitsig. Die eenheid is stapafstand vanaf die Uilhuis, die fossielsentrum, restaurante en besienswaardighede. Daar is ruim, veilige parkeerplek op die perseel en gratis WiFi. Die eenheid het ook 'n goed toegeruste kombuis.

Dié oopplan-eenheid het slaapplek vir 2 gaste en is ingerig met 'n gemaklike koninggrootte-bed. Die en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Die kombuisie is toegerus met 'n ketel, 'n mikrogolfoond, broodrooster, yskas, elektriese braaipan, breekware en eetgerei. Daar is ook 'n tweeplaatstoof en 'n pot en pan.

Die eenheid het sy eie privaat tuin met 'n ingeboude braai en 'n buite-eetstel, hier kan gaste die uitsigte oor die Kompasberge en die Ou Meul geniet. Stap langs die vore en geniet die sterre in die nag.

Ons kan een klein kind akkommodeer as jy dit vooraf reël en selfs 'n kampbed/kot voorsien.

Die Uilhuis is binne stapafstand. Gaste kan doendinge soos fietsry, voetslaan, bergfietsry, wildritte, voëlkyk en perdry in die area geniet. Nabygeleë besienswaardighede sluit Camdeboo Nasionale Park en Valley of Desolation in. Of klim die Kompasberg.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 176 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Tienie C
Saam met lewensmaat
5.0
Ek kan Meerkat baie sterk aanbeveel. Dit was voorwaar 'n uitstekende keuse vir verblyf in 'n heerlik rustige en baie netjiese gastekamer. Tutti het on...
Sien meer
Jan 2025
Cheryl M
Saam met lewensmaat
5.0
Fantastic. Beautiful room with a wonderful view in a tranquil setting.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024
Eduard L
Saam met lewensmaat
5.0
Rustige goeie nagrus. Dit was lekker om te oornag by Meerkat. Baie gemaklike bed. Meerkat is eenkant weg van die stofstrate van Nieu-Bethesda, maar oo...
Sien meer
Des 2024
Chantelle V
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker gerus in stil, rustige atmosfeer. Baie mooi plek, rustige atmosfeer, koel en baie veilig. Lekker gerus.
Des 2024
Hannelie S
Saam met lewensmaat
5.0
Vrede! Lieflike eenheid in pragtige tuin met mooiste rose. Luukse beddegoed en goed versorgde eenheid. Groot bederf en lafenis vir die siel!
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Johanna C Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 176

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Pienaarstraat 454, Nieu-Bethesda, 6286, Oos-Kaap
  • Gaste dink Meerkat het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 900
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 900
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Geen kinders onder 2
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pienaarstraat 454, Nieu-Bethesda, 6286, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA31be7c6b0835b92235285f6ca3d29783d28e184b2e0da7f9c3bcac0866fa67aaa1261b058cc04e0b5dfe2221e23e33f575ed?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag (plek vir 2) 176 5 1 5 454 Pienaar Street Nieu-Bethesda 6286 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -31.872696957707 24.551615416976

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang