Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Lewens-Essens B&B on C

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 61 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gerrie V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2025

Rustig, pragtige uitsig, fantasties. Die verblyf is fantasties met 'n besondere uitsig oor die see. Die gasvryheid van Ria was uitstekend. Yzerfontein is 'n rustige, skoon, vriendelike en veilige dorp.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Kobus V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Feb 2025

Rustig, netjies met asemrowende see-uitsig. Ria het ons baie vriendelik verwelkom en tuis laat voel. Blyplek is baie netjies en veilig. Die see-uitsig is absoluut pragtig. Ria, jou gasvryheid en menswees sal ons altyd onthou.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Ria
Lewens-Essens B&B on C
Kobus, dit doen my hart goed om te weet dat ander mense ons klein hemeltjie net so geniet. Elke dag 'n ander prentjie soos die dame van Nederland gesê het. Dankie vir jou review en as julle weer essens nodig het, julle weet waar om ons te kry!

Petrus F
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2024

Pragtige rustige netjiese stukkie hemel. Ongelooflike pragtige area en bly plek. Maak die deur oop en die see groet jou. Rustigheid en kalmte teenwoordig. Regtig 'n plek om te rus. Pragtige gasvrou.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Ria
Lewens-Essens B&B on C
Petrus, baie dankie vir jou volpunte. Dit is altyd so bevredigend om te weet dat julle die tydjie geniet het. Vir my was dit net 'n plesier! Vandag lyk die water soos 'n dam!

Elza M
Kort verblyf
5.0
Mrt 2024

Lewens essens! Die verwelkoming en verblyf was vriendelik en gasvry. Die uitsig is absoluut fantasties. Alles is netjies en skoon en hier is waar 'n mens rus kan kry vir jou siel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Ria
Lewens-Essens B&B on C
Elza, dit was werklik 'n groot plesier om jou by Lewens-Essens te kon verwelkom! Sterkte met jou nuwe stokperdjie en jy sal altyd welkom wees as jy essens vir die dag of week nodig het.

Thea T
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Feb 2024

Baie lekker gebly. Wonderlike gasvrou. Heerlik gebly, uitsig asemrowend. Gasvrou baie vriendelik.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Ria
Lewens-Essens B&B on C
So bly julle het dit geniet en dankie vir julle review. Hoop ons sien julle weer!

Gabri S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.2
Jan 2024

Gelukkig het ons geweet daar is nie eintlik ontbyt nie, maar self gesorg. Pragtige uitsig, ek weet nie of dit B&B is nie. Die matras en ontbyt is van swak standaard.

Netheid
5.0
Diens
3.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0
Ria
Lewens-Essens B&B on C
Goeie dag Gabri, dankie vir die komplimente, dit word waardeer. Ons verwelkom ook terugvoer van ons gaste oor waar ons kan verbeter. Ons het na julle 'n punt gemaak om vir die gaste te vra of die bed sleg slaap en of ons dit moet vervang. Nie een van die gaste het klagtes gehad nie, in teendeel ons baie geprys oor die gehalte van die bed. Wat die ontbyt aanbetref, wil ek net weer daarop wys dat dit 'n kontinentale ontbyt is wat al die volgende insluit: Muesli, 4 snye brood vir rooster wat elke dag afgewissel word met ander brood, kaas, konfyt en botter, goeie gehalte jogurt, suiwer sap en vrugte. Inteendeel dit word ook so op ons webwerf geadverteer. Jammer dat julle nie tevrede was nie. Met vriendelike groete.

Marinda S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Des 2023

Die akkommodasie en uitsig was uitstekend! Ons het heerlik gebly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Ria
Lewens-Essens B&B on C
Julle was sterre! Ons het julle kuiertjie terdeë geniet.

Christelle R
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Apr 2023

Uitstekende akkomodasie en ligging. Baie dankie Ria en Anita vir julle gasvryheid. Die kuier was uit die boonste rakke. Dankie vir die heerlike verrassing die laaste aand. Ons kom beslis weer kuier om ons belofte wat ons gemaak het na te kom. Groete

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Ria
Lewens-Essens B&B on C
Ai en was dit nou 'n lekker kuier. Baie dankie vir julle terugvoer en dat julle ons gekies het. Kan nie wag vir die belofte om waar te word nie. Beste wense tot weersiens.

Miekie W
Lang verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Des 2022

Briljant. Ria en Anita voel soos familie. Ons het gehuil dat die trane loop toe ons moes ry. Wees gewaarsku as jy eers daar was gaan jy nie wil weggaan nie. Dit was die beste vakansie ooit. Ons mis Yzerfontein en Ria en Anita al klaar geweldig baie. Hulle gasvryheid en omgee het ons vakansie een gemaak wat ons nie sommer sal vergeet nie. Ons sal vir seker weer gaan kuier. Hulle is al twee diamante wat mens nie orals kry nie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Ria
Lewens-Essens B&B on C
Baie dankie vir julle terugvoer. Dit gee vir ons soveel plesier om te weet dat ons gaste gelukkig en tevrede is. Nuwe vriende en amper familie - beslis. Ons sien uit na julle volgende kuiertjie.

Jacques L
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2022

Uitstekend en baie gasvry. Uitstekende ligging en baie aangename bestemming wat ons sterk aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Ria
Lewens-Essens B&B on C
Jacques, baie dankie vir jou review. Dis goed om te weet julle het julle tydjie by ons, en natuurlik ook met julle familie, geniet. Die see is weer omgekrap vandag!

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Ria Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 61

Op LekkeSlaap 14 jaar

Vanaf
Vanaf R 1 400
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 400
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 volwassenes
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lutie Katz-straat 75, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDQ0MGYxMTAwLTZjMTQtNDBhYy1hMGE1LTdiNmQ0MWI4YWU3ZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 400 per nag, vir 2 mense 61 5 1 5 75 Lutie Katz Road Yzerfontein 7351 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.352940098327 18.148928582668

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang