Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Langebaan Pearl

Op die Nippertjie-aanbod 20% af

Kry 20% af op alle besprekings wat 2 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 6 persone
    4 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofstraat 81, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 200 R1 760 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Langebaan Pearl is 'n lieflike selfsorgvakansiehuis wat in die gewilde kusgebied Langebaan geleë is en is ideaal vir 'n gesin wat die skilderagtige Weskus wil verken terwyl hulle uitsigte oor die strandmeer en Schaapen-eiland geniet.

Dié dubbelverdieping-eiendom bied slaapplek vir altesaam 4 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed, terwyl die tweede slaapkamer 2 enkelbeddens het. 'n Stort, wasbak en toilet is in die badkamer beskikbaar. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie swemhanddoeke saambring.

Die onderste vlak van die huis beskik oor 'n oopplan-kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof en oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. Van die kombuis af lei 'n etenstafel met sitplek vir 6 waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Die boonste vlak van die huis beskik oor 'n TV-kamer met Netflix, gemaklike sitplek, 'n lessenaar sowel as 'n stapelbed vir kinders. Toegang tot gratis onbeperkte Wi-Fi is beskikbaar. Die eenheid het ook 'n UPS vir kragonderbrekings.

Buite die eenheid is daar 'n omheinde binnehof met 'n buite-etenstafel en 'n ingeboude braai. Doendinge in die omgewing sluit die Weskus Fossielpark, Weskus Nasionale Park, Mykonos Casino, Sunnypark Pretpark asook talle winkels en restaurante in.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 1 Leefarea 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Leefarea

2

1 x Kinderstapelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
TV
Volledige kombuis
Wasmasjien
Braai
Vuurmaakhout
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 14 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Tony K
Saam met vriende
5.0
Great petite spot, close to the beach, but out of the wind and sand. A nice spot a block back from the beach, but with a good view of t...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2025
CHANTEL S
5.0
Fantasmagories. Ons het 'n wonderlike tyd saam met ons NZ familie gehad. Die gasvryheid van Jean was uit die boonste rakke gewees van ons aankoms tot ...
Sien meer
Sep 2024
Desiree Truskey T
Gesin met klein kinders
5.0
Peaceful, calming, serene. My stay was very peaceful and I enjoyed the beautiful scenery. The fact that the beach was only a few steps ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024
Chris V
Saam met vriende
5.0
Heerlik en ontspannend. Langebaan Pearl is 'n lieflike plek waar mens vinnig tuis voel. Alles wat jy nodig het is reeds daar. Ons het heerlik gebly en...
Sien meer
Mrt 2024
Flynn A
Saam met lewensmaat
5.0
It was amazing and will definitely return. See stars.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Bruwer Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 14

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Hoofstraat 81, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Gaste dink Langebaan Pearl het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 200
R 2 200 R 1 760
per nag, vir 4 mense
Vanaf R2 200
R 2 200 R 1 760
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
    4 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofstraat 81, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4b6a261d721d9517b1f8bf3e204a51179eff0cca57a69eb170cdac66a8874eee6b4d809c12a808233bd7d094592fc584599f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R2 200 nouVanaf R1 760 per nag, vir 4 mense 14 5 1 5 81 Main Street Langebaan 7357 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.08588181093 18.03160558832

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang