Ladybird Guest House
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Landstraat, Gino's Park, Clarens, 9707, Vrystaat
- Vanaf R2 720 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Ladybird Guest House is in 'n veilige kompleks in Clarens, 'n klein dorpie geleë aan die voorheuwels van die Malutiberge in die Vrystaat en het die bynaam die Juweel van die Oos-Vrystaat. Hierdie huis is die ideale ligging vir gaste wat op soek is na 'n rustige wegbreek.
Dié huis het slaapplek vir 6 volwassenes en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die ander 2 slaapkamers het elkeen 'n koningingrootte-bed. Elke badkamer het 'n bad en 'n stort.
Die leefarea beskik oor 'n kombuis, sitkamer en eetarea. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, stoof, oond, skottelgoedwasser, wasmasjien, ketel en broodrooster. Die sitkamer is ingerig met 'n sitkamerstel, 'n TV, 'n kaggel en gratis WiFi is beskikbaar. Daar is ook 'n 5kv-omskakelaar wat sommige ligte en proppe sal aandryf tydens beurtkrag. Die agterstoep het 'n houtbraai, en die voorstoep het 'n gasbraai. Daar is ook genoeg spasie vir kinders om te speel en fietsry.
Gaste het 'n verskeidenheid doendinge om van te kies, insluitend witwatervlotvaart, perdry, vierwielmotorfietsry, voetslaan, tennis, muurbal, forelhengel, kunsbane, gholf, abseil, bergroetes, wyn- en kaasproeplase en natuurreservate. Alle nodige inligting rakende bogenoemde aktiwiteite kan by die inligtingskantoor in Clarens verkry word.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.2/5
Carla Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 5
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Landstraat, Gino's Park, Clarens, 9707, Vrystaat
- Gaste dink Ladybird Guest House het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Clarens Drakensberge Vrystaat
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Landstraat, Gino's Park, Clarens, 9707, Vrystaat
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang