Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Imberbe

Spesiale Aanbod 30% af

Kry 30% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 8 Apr 2025 tot 31 Aug 2025.

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Moirastraat 16, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 600 R1 820 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Imberbe is 'n lieflike selfsorgwoonstel vir 4 mense in Struisbaai wat 'n ononderbroke uitsig oor die see bied.

Die eenheid is op die eerste verdieping van die hoofhuis geleë met 'n privaat ingang, die woonstel beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n oopplan-kombuis en -eetarea, asook 'n sitkamer. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en maak gebruik van 'n badkamer met 'n bad, 'n handstort en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en het 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n toilet. Alle beddens het elektriese komberse. Die buitestort het warm en koue water. Daar is ingeboude kaste in al die kamers.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n stoof en oond, 'n mikrogolfoond, 'n yskas, breekware, eetgerei en 'n skottelgoedwasser asook tee- en koffiemaakgeriewe. Etes kan by die etenstafel geniet word, en gaste kan ontspan in die sitkamer wat toegerus is met 'n TV met volledige DStv-kanale, Showmax en WiFi-toegang is beskikbaar en daar is USB-poorte vir gaste om hul fone te herlaai.

Die leefarea maak oop op 'n ruim patio met braaigeriewe en 'n portaal Weber-braai. 'n Spesiale visbraairooster is beskikbaar. Onderdakparkeerplek in 'n motorhuis met afstandbeheer is beskikbaar. Daar is toegang vanaf die motorhuis na die eenheid via trappe.

Pamflette met inligting oor uitstappies in die Strandveld, Overberg, asook doendinge
in Struisbaai en Agulhas, beskikbaar is. Daar is bergfiets- en voetslaanroetes naby.
Die kuslyn is ongeveer 600 m van die eenheid af.

Daar is 'n omskakelaarstelsel sodat die eiendom nie deur beurtkrag geraak word nie.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Badkamer

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Mooi uitsig
TV
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Stroomdienste
Braai
Vuurmaakhout
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 58 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Norma C
Saam met lewensmaat
5.0
Awesome, welcoming, amazing hosts. We had a wonderful stay. Such friendly and welcoming hosts. They were the sweetest welcoming party. ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2025
Macky G
Gesin met klein kinders
5.0
Goeie ligging, onbelemmerde see uitsig en vriendelike eienaars. Ons het dit baie geniet by Imberbe, die eienaars is vriendelik en die verblyf het 'n a...
Sien meer
Des 2024
Anathi T
Saam met vriende
5.0
Perfect. It was good; everything was perfect. The view was nice.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024
Hendrina Carolina V
Saam met lewensmaat
5.0
Aangenaam! Gasheer en gasvrou van kwaliteit! Uitstekende verblyf!
Okt 2024
Willem H
Saam met vriende
5.0
Hier kan jy die kalmte en rustigheid in jou siel voel. Beslis aan te beveel, lekker gebly.
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Etienne Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 58

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Moirastraat 16, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Gaste dink Imberbe het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 600
R 2 600 R 1 820
per nag (plek vir 4)
Vanaf R2 600
R 2 600 R 1 820
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Moirastraat 16, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA97130f9e2444135e6ad179f9e6c57903b14c08465059421331559a976c260192906c96da7e68eb0dcab2efcbef253833ee67?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R2 600 nouVanaf R1 820 per nag (plek vir 4) 58 5 1 5 16 Moira Street Struis Bay 7285 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -34.810860078567 20.029666096166

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang