Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Herberg-Klein

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kromstraat 11, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Vanaf R350 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Herberg-Klein is in Clarens geleë en bied gehalteverblyf vir 'n klein gesin of groep vriende. Dit is binne maklike bereik van talle winkels, restaurante, doendinge en besienswaardighede.

Verblyf bestaan uit 2 eenhede. Hierdie eenhede kan apart of saam bespreek word en elkeen het sy eie ingang en WiFi.

Die Tuinkothuis bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 driekwartbeddens. Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak.

Die oopplan-kombuis beskik oor 'n tweeplaatstoof met 'n oond, 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, en eetgerei en breekware. Die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n kaggel.

Die Rondawel het slaapplek vir 2 gaste en het 'n dubbelbed en stoele. Die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Die kombuisie beskik oor 'n tweeplaatstoof, mikrogolf, yskassie, ketel, toonbank en stoele.

Daar is lieflike stoepmeubels en braaigeriewe beskikbaar vir gaste se gebruik tydens hul verblyf. Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
Grondpad

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 94 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Johann K
Saam met vriende
5.0
Best opsie in Clarens. Verbly was prakties, gerieflik en goed geleë.
Des 2024
Mamoiloa M
Gesin met klein kinders
5.0
The place is very quiet and nice. Outstanding service and hospitality was out of this world.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024
André M
Saam met lewensmaat
5.0
Komplimenteer die Clarens ervaring. Rondawel het al ons verwagtinge oortref. Besonderse karakter en asemrowende uitsig op die berge en sonsondergang.
Des 2024
Charmaine G
Saam met lewensmaat
5.0
Comfortable and pleasant accommodation in a gorgeous garden. We enjoyed our stay; the hosts were so friendly and accommodating. We were...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2024
Suzette P
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige view, baie rustige plekkie. Alles wat mense nodig het vir 'n naweek. Herberg Klein is binne loopafstand van die square en restaurante. Dit is...
Sien meer
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Dons Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 94

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Kromstraat 11, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Herberg-Klein het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 350
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 350
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kromstraat 11, Clarens, 9707, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1d459fa15312b399366c7d58b6ac89c3dd6a444345c74a137f7c73ace7da35f663eaa856405bbcf6b44cedc8e02dd7f18e8f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R350 per nag, vir 2 mense 94 5 1 5 11 Krom Street Clarens 9707 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.518072322622 28.422497241803

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang