Groenrivier Annex
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R311, De Gift Boerdery, Riebeek-Wes, 7306, Wes-Kaap
- Vanaf R900 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Groenrivier Annex bied lieflike oornaggastekamers op 'n uitgestrekte plaas met groot grasperke en koel bome. Geleë net buite Riebeek-Wes, kan dit 'n goeie opsie wees vir 'n groot groep vriende of 'n familie aangesien hierdie eiendom op 'n rustige en groen plaas geleë is.
Hierdie eiendom bied gaste 3 bylae-eenhede wat elk 2 gaste op 'n slag kan akkommodeer. Elke eenheid beskik oor 'n oopplan-ontwerp en is ingerig met óf 'n dubbelbed óf 2 enkelbeddens. 'n Stort, wasbak en toilet is in elke en suite-badkamer beskikbaar.
Hierdie eenhede het ook 'n kombuisie wat toegerus is met 'n mikrogolfoond, yskassie, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe.
Buite is 'n ruim gedeelde patio waar gaste 'n oggendkoffie kan geniet. Dié patio het ook 'n draagbare braai en kyk uit oor die welige groen tuine. Riebeek-Wes het 'n eklektiese mengsel van winkels, galerye, restaurante en koffiewinkels, en die lys doendinge vir 'n plattelandse dorpie oortref 'n mens se verwagtinge.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- R311, De Gift Boerdery, Riebeek-Wes, 7306, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Riebeek-Wes Boland Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R311, De Gift Boerdery, Riebeek-Wes, 7306, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang