Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Eagles Rest Kathu

  • Kapasiteit: 13 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kokerboomstraat 9, Kathu, 8446, Noord-Kaap
  • Vanaf R850 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Eagles Rest Kathu bied 5 selfsorg-eenhede en is in Kathu, in die Noord-Kaap, geleë. Ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf weg van die gewoel van die stadslewe.

Verblyf by Eagles Rest Kathu bestaan uit 3 eenhede wat smaakvol versier is. Hierdie eenhede bestaan uit 1 slaapkamer wat toegerus is met 'n dubbelbed; 'n badkamer met 'n stort, wasbak en 'n aparte toilet; 'n oopplan-leefarea; en 'n goed toegeruste kombuisie. Daar is ook 2 eenhede met beide 'n dubbelbed en 2 driekwartbeddens. Fasiliteite wat by al die eenhede ingesluit is, is lugversorging; TV's met volledige DStv, WiFi en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is ook sonkrag-rugsteun vir beurtkrag.

Die eiendom het ook 'n gemeenskaplike lapa met braaigeriewe om van gebruik te maak, en daar is 'n swembad om 'n verfrissende duik in te neem. Veilige onderdakparkeerplek is beskikbaar vir voertuie op die perseel. Eagles Rest Kathu is naby verskeie geriewe in die dorp, asook 'n paar kilometer vanaf die Sishen Gholf- en Buiteklub.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 195 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Johan K
Besigheidsreis
5.0
Skoon en netjies. Ons het heerlik gebly en sal weer daar bespreek indien ons Kathu besoek.
Feb 2025
Estelle S
5.0
Wonderlik. Gasvry. Hulpvaardig. Stunning. Ek het baie lekker gebly. Dit was amazing gewees.
Feb 2025
Estelle S
5.0
Wonderlik. Rustig. Hulpvaardig. Baie dankie die webtuiste en Eagles Rest Kathu. Ek het baie lekker gebly. Waardeering. GOD BLESS. Groete, Es.
Jan 2025
Magda G
5.0
Veilig. Uitstekend toegerus en baie netjies. Baie dankie vir julle gasvryheid. Heerlik gebly. Sal vir seker weer daar tuisgaan.
Jan 2025
Heine F
Saam met lewensmaat
5.0
Goeie plek om gou te oornag as die lang pad net te veel is. Die verblyf was netjies, skoon en gerieflik, geen probleme ervaar nie.
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Henrietta Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 195

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Kokerboomstraat 9, Kathu, 8446, Noord-Kaap
  • Gaste dink Eagles Rest Kathu het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 850
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 850
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 13 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kokerboomstraat 9, Kathu, 8446, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8ea7eaad870690d69e0ed8fc3ce0f7e08eca74ebb73af1dae99ff5db53a9f164fffb68a1790c66771e34959eeb72fc3a4b1e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag, vir 2 mense 195 5 1 5 9 Kokerboom Street Kathu 8446 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -27.696370342827 23.055013418198

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang