Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Die Rooihuis

Selfsorg

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 4 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Michelle G
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Feb 2025

Dit was heerlik en my honde het dit ook geniet. Joanette is so gasvry, sy het ons tuis en gemaklik laat voel. Alles is so skoon en netjies, daar was niks wat ons kortgekom het nie. Skoon nuwe handdoeke en beddegoed, vir seker hoogs aanbeveelbaar, kan nie wag om weer te gaan nie. Die lekkerste was dit was veilig om ons honde saam te neem. Vir seker die prys werd.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Johanet
Die Rooihuis
Hi Michelle, baie dankie vir die positiewe terugvoer. Julle is sulke gemaklike mense. Dit was moeiteloos om julle as gaste te ontvang. Dadelik gevoel soos vriende. Kan nie wag om julle weer te sien nie.

Dirkie S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Feb 2025

Fantastiese verblyf. Ja, ons het lekker gebly. Ons is reeds met ons aankoms baie welkom laat voel. Vooraf kommunikasie was uitstekend. Plek was mooi skoon en goed ingerig. Natuur was naby genoeg om te kon geniet. Sal definitief die plek weer wil besoek en ook aanbeveel aan ander.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Johanet
Die Rooihuis
Sjoe, dankie! Was so lekker om julle te ontmoet. Hoop om julle sommer gou weer te sien. Groete vir Maryna.

Mariette K
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Jan 2025

Puik, puik, puik. Wat 'n diamant wat ons ontdek het. Johanet het ons tuis laat voel nog voordat ons uit die motor geklim het. Dit is die rustigste, pragtige plek met die mooiste mense. Ons sien julle definitief gou weer.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Johanet
Die Rooihuis
Hi Mariette, baie dankie vir die goeie resensie. Dit voel of ons mekaar al jare ken, en dit was so lekker om julle by Die Rooihuis te hê. Julle is gaste wat voel soos familie. Kan nie wag om julle weer te sien nie.

Odette B
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Des 2024

Luuks. Baie goeie waarde vir geld. Presies soos geadverteer, net beter. Privaat. Dit was luuks. Johanet laat jou welkom voel vandat jy by die hek inry. Hulle is dadelik beskikbaar, hetsy per WhatsApp of oproep, om hulp te verleen. Die Rooihuis is ruim en baie gerieflik ingerig. Dis soos jou huis weg van die huis af, net beter. Die omgewing is pragtig. As jy op die stoep sit, kan jy die rivier hoor. Die grasperk is soos 'n sagte groen mat. Die swembad is 'n lieflike lafenis op 'n warm dag. Die Rooihuis is presies soos dit geadverteer word - jy moet dit net fisies ervaar om die ervaring te waardeer. Baie beslis baie goeie waarde vir geld. Sal die Rooihuis met 'n oop hart aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Johanet
Die Rooihuis
Hi Odette, baie dankie vir die terugvoer. Ek is so bly julle het dit geniet. Dit was vir ons heerlik om julle daar te hê, en ons hoop julle kom kuier sommer gou weer. Julle is verseker deel van die Rooihuis familie.

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Johanet Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 1

Resensies 4

Op LekkeSlaap 4 maande

Vanaf
Vanaf R 1 750
per nag, vir 7 mense
Vanaf
R 1 750
per nag, vir 7 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vermaasdrift-weg, Zijfervlei-plaas Erfdeel 4 en 5, Viljoenskroon, 2950, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA745a16e95ac62f1e2549404bdb8a1a505f0bd9ed225de07b445350e51f167c8e9f2e46a0842bff869cafec4747ce1b36717b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 750 per nag, vir 7 mense 4 5 1 5 Vermaasdrift Road Cijfervlei Farm Plot 4 and 5 2950 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -26.919869401603 26.863709195662

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang