Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

De Akker Cottages

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas Akkerboom, Friersdale, Keimoes, 8860, Noord-Kaap
  • Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

De Akker Cottages bied gasteverblyf en is op 'n werkende rosyntjieplaas geleë, 14 km vanaf Keimoes en net 60 km vanaf die wonderlike Augrabies-watervalle in die Noord-Kaap. Hierdie eenhede kan tussen 2 tot 10 mense gemaklik akkommodeer terwyl hulle die uitsigte oor die wingerde vanaf die patio of lapa geniet.

Die Akker het 'n slaapkamer wat gerieflik gemeubileer is met 'n koninggrootte-bed met wit linne, asook 'n slaapbank vir 'n addisionele 2 mense. Die en suite-badkamer is ruim met 'n bad en 'n stort; daar sal handdoeke voorsien word vir gaste se gerief. Die oopplan-leefarea bestaan uit 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n goed toegeruste kombuis en 'n klein etenstafel met stoele. 'n Heerlike ontbyt kan op gaste se versoek op die terras bedien word. Tuisgemaakte beskuit met tee en koffie is in die kamer beskikbaar.

Amani het 'n koningingrootte-bed met wit linne en 'n badkamer met 'n stort, 'n wasbak en 'n toilet. Ander geriewe sluit 'n TV, 'n mikrogolfoond en 'n kaggel in. Dié eenheid spog met 'n terras vanwaar gaste die pragtige uitsigte kan geniet met 'n skemerkelkie, of hul eerste drankie vir die dag.

Mitat beskik oor 2 slaapkamers en bied slaapplek aan 4 gaste. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en het 'n en suite-badkamer met 'n bad, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer is ingerig met 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word en het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Ander geriewe sluit 'n kombuis toegerus met 'n yskas, mikrogolf, oond en stoof, 'n sitkamer, 'n eetarea, 'n kaggel, 'n privaat swembad en tee- en koffiemaakgeriewe in.

Gaste het toegang tot die swembad en 'n braai-area met vuurmaakhout wat geredelik beskikbaar is; 'n lapa om die uitsigte oor die wingerd te geniet, asook veilige parkeerplek vir 'n mens se voertuig.

Gaste kan die nabygeleë Akkerboom Plaasstalletjie besoek wat 'n verskeidenheid opspraakwekkende droëvrugte, druiwe, gewilde skaappastei en groenvyetert het; of gaste kan 'n bespreking maak en gaan vir 'n ontspannende massering of enige skoonheidsbehandeling by Bella Rosa Skoonheidsalon. Gaste kan ook wynproe by die Orange River Cellars geniet, of by die plaaslike rivier gaan visvang en die kokerboomkwekery besoek.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Swembad

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 119 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Marietjie D
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was 'n heerlike oornag rusplek. Ons het baie lekker gebly, baie vriendelik ontvang en alles was baie netjies en skoon. Baie rustig geslaap na ons ...
Sien meer
Feb 2025
Rachelle D
Saam met lewensmaat
5.0
Rus en vrede, perfek vir 'n oornag. Baie oulik, goed toegerus, ruim en gerieflik. Vriendelike diens. Besoek die padstal! Onverwagse bederfies soos 'n ...
Sien meer
Jan 2025
Julienne V
Gesin met tieners
5.0
Baie aangenaam en rustig. Was heerlik gewees. Ek sou ook 'n bord by die pad opsit vir die aanwysings aangesien nie almal by 'n plaaspad sal afdraai wa...
Sien meer
Des 2024
Awie D
Gesin met klein kinders
5.0
Voel baie welkom met ontvangs, sal vir seker weer daar gaan bly. Baie lekker gebly, baie mooi en vriendelike diens.
Sep 2024
Marius M
Saam met lewensmaat
5.0
Luuksheid en wel toegerus. Pragtige plek en gerieflike ruime eenheid. Ons het 2 eenhede bespreek en dit het baie goed uitgewerk. Wens ons het meer as ...
Sien meer
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Trudie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 119

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Plaas Akkerboom, Friersdale, Keimoes, 8860, Noord-Kaap
  • Gaste dink De Akker Cottages het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas Akkerboom, Friersdale, Keimoes, 8860, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAcc9e134c87af7a89ca27058aa8fd2b454d923918843c841fcbf88beb03e11d16e64163556904173eebf8d0c601cb4cfa78cf?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense 119 5 1 5 Farm Akkerboom Friersdale 8860 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.747862756507 20.829989612103

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang