Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bult Op

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kiepersolpark, Waaiboom, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
  • Vanaf R700 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

Bult Op bied gerieflike oornagverblyf op die grondvlak van die eienaar se huis wat in die hartjie van die luukse Kieperskol-area in Bloemfontein geleë is. Hierdie eenheid het 'n privaat ingang en is 'n uitstekende opsie vir verblyf van een nag of langer.

Dié woonstel bied gerieflike slaapplek vir 3 gaste op 'n slag en beskik oor 'n slaapkamer en 'n badkamer. Die slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en 'n enkelbed, terwyl die badkamer met 'n stort, bad, wasbak en toilet toegerus is.

Daar is 'n kombuisie wat goed toegerus is vir selfsorg met 'n yskas, tweeplaatstoof, mikrogolf, broodrooster, ketel en tee- en koffiemaakgeriewe.

Dié eenheid het sy eie sitarea met gemaklike sitplek, 'n TV met DStv, 'n tafel met stoele en 'n koffiestasie. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Buite het gaste hul eie patio met 'n tafel en stoele asook braaigeriewe wat 'n wonderlike plek is vir gaste om te ontspan. Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 16 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Marina P
Gesin met klein kinders
5.0
Heerlik en ontspanne. Perfekte plekkie. Goed toegerus. Vriendelik ontvang. Lekker gerus.
Des 2024
Anel S
Saam met lewensmaat
5.0
Ons is so vriendelik ontvang. Alles was puik, skoon, mooi, netjies. Ons het heerlik gebly.
Des 2024
Elmarie C
Saam met lewensmaat
5.0
Sielsvrede. Oom Chris en Tannie Liesbeth is dierbaar. Dit was 'n baie lekker ruskans tussen al die spanning met my dogter in Citymed. Dankie vir alles...
Sien meer
Des 2024
Deon S
Saam met lewensmaat
5.0
Netjies. Baie aangenaam en gasvry.
Des 2024
Elzanne S
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekend. Die eienaars was baie gasvry en die plek is baie netjies en baie veilig.
Nov 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Christo Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 1

Resensies 16

Op LekkeSlaap 9 maande

Ligging

  • Kiepersolpark, Waaiboom, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
  • Gaste dink Bult Op het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Bloemfontein Vrystaat
Vanaf
Vanaf R 700
per nag (plek vir 3)
Vanaf
Vanaf R 700
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kiepersolpark, Waaiboom, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAcf59785245e6b042912c6fee73c8ec7e01202eb52bd8ce8359352095b98c7624aae25979a9ef255f6ec36599e2d065c81003?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag (plek vir 3) 16 5 1 5 Kiepersolpark Waaiboom 9301 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -29.081526993722 26.22043259266

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang