Bluebird in Paternoster
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Schoonerklipstraat 5, Paternoster, 7806, Wes-Kaap
- Vanaf R3 500 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Ervaar die skoonheid van Paternoster in hierdie ruim gesinsvakansiehuis wat slegs 30 m vanaf die gewilde Mosselbank-strand geleë is.
Dié dubbelverdieping-selfsorghuis het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 2 kombuise, 2 sitkamers, 3 slaapkamers en 2 badkamers op die onderste verdieping, en 'n sitkamer, 1 slaapkamer en 1 badkamer bo. Op die onderste verdieping is die hoofslaapkamer smaakvol gemeubileer met 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n gemaklike rusbank en waaier. Die kamer het toegang tot badkamer 1 wat toegerus is met 'n hoekbad, instapstort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed, terwyl die derde slaapkamer 2 enkelbeddens het. Hierdie 2 kamers het toegang tot die tweede badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die vierde slaapkamer is op die boonste verdieping en beskik oor 'n koningingrootte-bed en 'n badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Vars linne en handdoeke word voorsien.
Op die onderste verdieping is die hoofkombuis toegerus met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, lugbraaier, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe. Die kombuis brei uit na 'n lieflike oopplan-eetkamer en -sitkamer met 'n binnebraai-area. Die tweede sitkamer is ingerig met gemaklike rusbanke en 'n geslote kaggel en beskik oor 'n kombuisie wat toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe.
Op die boonste verdieping is nog 'n sitkamer met gemaklike rusbanke en 'n TV. Gratis WiFi is regdeur die huis beskikbaar. Die sitkamer op die boonste vloer loop uit na die dek met sitplek buite en gedeeltelike see-uitsigte.
Gaste kan die ruim bo-buitedek met pragtige uitsigte, 'n 8-sitplek-etenstafel en ingeboude braai-area geniet. Gaste kry veilige parkeerplek van die straat af.
Bluebird is binne stapafstand van 'n magdom wonderlike restaurante af. Gaste kan afdwaal na die wit sandstrand vir 'n oggendwandeling of om die asemrowende sonsondergange aan die weskus te aanskou.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Elisca Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 23
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Schoonerklipstraat 5, Paternoster, 7806, Wes-Kaap
- Gaste dink Bluebird in Paternoster het ’n uitstekende ligging
Toeganklikheid
Sien meer verblyf in Paternoster Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Schoonerklipstraat 5, Paternoster, 7806, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang