Binnefontein Gasteplaas
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Binnefontein, 49 km vanaf Williston, 8920, Noord-Kaap
- Vanaf R2 000 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Binnefontein Gasteplaas bied selfsorgverblyf op 'n plaas 49 km vanaf Williston. Dit kan 'n goeie opsie wees vir 'n gesin wat wil ontsnap uit die stad se gewoel, want dit is in die hartjie van die Karoo geleë.
Dié plaashuis het slaapplek vir altesaam 6 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-stort. Nog 2 enkelbeddens is beskikbaar in die derde slaapkamer en nog 'n stort is beskikbaar in die derde badkamer. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.
Die leefarea beskik oor 'n kombuis wat toegerus is met 'n gasstoof, 'n elektriese oond, 'n mikrogolfoond, 'n koolstoof, 'n yskassie, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. 'n Wasmasjien is ook beskikbaar. Die sitkamer het gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n TV. Komplimentêre WiFi is oral in die huis beskikbaar.
Buite is daar 'n onderdakstoep met 'n buite-etenstafel en braaigeriewe wat 'n wonderlike plek is vir gaste om 'n skemerkelkie te geniet terwyl hulle uitkyk oor die omliggende plaas.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Klara Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 50
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Binnefontein, 49 km vanaf Williston, 8920, Noord-Kaap
- Gaste dink Binnefontein Gasteplaas het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Karoo Noord-Kaap
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Binnefontein, 49 km vanaf Williston, 8920, Noord-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang