Biesiespoort Guesthouse
Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 7 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Biesiespoort Plaas, Loxton, 6985, Noord-Kaap
-
Vanaf
R4 667R3 967 per nag, vir 7 mense
Beskrywing
Biesiespoort Gastehuis is op Biesiespoortplaas, sowat 3,3 km vanaf Loxton, in die Victoria-Wes-rigting geleë. Die plaas is ryk aan geskiedenis en bied 'n rustige, Karoo-ervaring en is ideaal vir 'n rustige wegbreek vir 'n paartjie, familie of 'n groep vriende.
Dié dubbelverdiepinggastehuis het 'n oopplan-leefarea-braaikamer met 'n eetkamer en kombuis, 'n en suite-hoofslaapkamer op die onderste verdieping, en 2 slaapkamers op die boonste verdieping. Die ruim hoofslaapkamer en-suite, het 'n koningingrootte-bed, 'n bankbed en 'n sitarea; die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens, en die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed met 'n sit-area.
Twee badkamers (1 en-suite) en 'n tweede badkamer met 'n stort, bad, wasbak en toilet op die onderste verdieping. Die kombuis het selfsorgtoebehore soos 'n stoof, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, broodrooster, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n ysmasjien.
Daar word voorsiening gemaak vir buitebraai in die tuin om die sonsondergang te geniet. Die tuinarea is veilig omhein vir kinders sowel as troeteldiere.
Geriewe wat op voorrafbespreking gereël kan word:-
Ons bied ‘n verskeindenheid plaaslike lekkernye aan om jou verblyf te verbeter; insluitende alkoholiese en nie-alhoholiese drankies, vars seisoenale plaasprodukte, plaas eiers; Karroolam; plaaslike gevriesde pasteie en ekstra hout.
Indien u enige van bogenoemde produkte wil benut, laat weet ons asseblief betyds.
Aktiwiteite beskikbaar op voorafbespreking:-
Vir natuurliefhebbers en avontuurlustiges, bied Biesiespoort ‘n wye reeks aktiwiteite aan.
Geniet ‘n self-gids sonsondergang onder die sterre in die omgewing met ‘n piekniekmandjie; verken ons self-gids bergfiets (Jeep-spoor) roetes, stap en draf roetes.
Dag staproetes (12 tot 22km).
3 Dag ‘slack-packing’ staproetes beskikbaar (60km in totaal).
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Hanneke Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 23
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Biesiespoort Plaas, Loxton, 6985, Noord-Kaap
- Gaste dink Biesiespoort Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Loxton Karoo Noord-Kaap
- Kapasiteit: 7 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Biesiespoort Plaas, Loxton, 6985, Noord-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang