Bateleur @ Bergkoninkryk Gasteplaas
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rietspruit 412, Bergkoninkryk Guest Farm, Modimolle, 0510, Limpopo
- Vanaf R2 880 per nag, vir 8 mense
Beskrywing
Bergkoninkryk Gasteplaas is in die skilderagtige Waterberg-distrik geleë. Geleë 9 km buite Nylstroom op die R101, en is ongeveer 130 km vanaf Pretoria.
Bateleur @ Bergkoninkryk Gasteplaas is 'n grasdak-eenheid met slaapplek vir agt mense, geleë op 'n oord tussen ander eenhede wat bespreek kan word op die webwerf. Die eenheid beskik oor 3 slaapkamers en 3 en suite-badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed, enkelbed en het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed, enkelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, wasbak en toilet. Die derde solderkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuis is goed toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe. Die sitkamer het gemaklike rusbanke. Die eenheid het ook 'n groot stoeparea en privaat binnebraai.
Bergkoninkryk Gasteplaas het ook 'n kampplek. Die kampeerplekke het elkeen hul eie privaat ablusies met krag, water en hul eie opwas area.
Bergkoninkryk Gasteplaas is 'n ideale bestemming vir kliënte wat 'n bosveldatmosfeer soek, waar hulle die rykdom van die voël- en boomlewe kan ervaar, die staproetes kan verken, of net by die sprankelende swembad kan ontspan. Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Sulita Geverifieer
Eiendomme 6
Resensies 12
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Rietspruit 412, Bergkoninkryk Guest Farm, Modimolle, 0510, Limpopo
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rietspruit 412, Bergkoninkryk Guest Farm, Modimolle, 0510, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang