Audrey's Vineyard Cottage & Homestead
Beskrywing
Die Opstal is 'n oorspronklike Victoriaanse plaashuis uit 1892. Dis onder eikebome langs die dam wat spog met 'n uitsig oor die dam en die berge. Die groot sitkamer het 'n kaggel, die hout word verskaf en daar is 'n TV met satelliet kanale. Die groot kombuis het 'n gasstoof, 2 yskasste en 'n mikrogolfoond. Daar is ook 'n aparte waskamer met 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien. Die reuse stoep kyk uit oor die wingerde en die berge. Daar is ook 'n binnebraai met 'n bietjie hout wat voorsien word. Daar is 5 slaapkamers met slaapplek vir 11 mense. Daar is 4 badkamers waarvan 2 en suite is. Twee van die kamers het dubbelbeddens en die ander het 2 enkelbeddens of 'n dubbelbed, of 'n koninggrootte-bed en 'n ekstra enkelbed. Gratis WiFi is beskikbaar. 'n Huistarief geld vir alle langnaweke, spesiale naweke en spitseisoen. Rook is verbode in die huis. Dit is 'n groot area waar mens kan stap of draf en daar is ook verskeie bergfietsroetes. Die area is baie rustig en daar is baie voëls. Die huis mag vir 'n minimum van 2 nagte deur 'n minimum van 6 volwassenes bespreek word. The Homestead is nie troeteldiervriendelik nie.
Oorsig van kamer/eenheid
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
3 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Toilet
Tariewe
Meer foto's van kamer/eenheid
Dít is wat jy hier sal kry
Gewild
Badkamer
Buitelug
Kombuis & eetkamer
Parkeerplek & toegang
Slaapkamer & wassery
Temperatuurbeheer
Vermaak
Prys sluit in
Selfsorg
Huisreëls
Slegs selfsorg, maar 'n kontinentale ontbyt is beskikbaar teen 'n ekstra koste per persoon indien dit vooraf gereël word.
Gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.
Geen troeteldiere word toegelaat nie.
Kansellasiebeleid - Matig
Meer as 1 maand voor die inkloktyd | 100%van die deposito word terugbetaal |
Meer as 1 week voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
Minder as 1 week voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |
- Kapasiteit: 11 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: De Vlei, Nuy, Worcester-distrik, 6700, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang