Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

ATKV Buffelspoort

  • Kapasiteit: 2009 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R104, Rustenburg, 0284, Noordwes
  • Vanaf R450 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

ATKV Buffelspoort is 80 km vanaf die wêreldbekende Sun City geleë en bied 'n verskeidenheid gerieflike selfsorgverblyf, ontspanningsgeriewe en doendinge, en is die ideale basis vanwaar jy die magdom besienswaardighede in die omgewing kan verken.

Verblyf word aangebied in óf rondawels, woonstelle, tenthuise, kampeerplekke óf in 'n villa. Die rondawels beskik oor 'n badkamer en 'n kombuisie. Die woonstelle bestaan uit 4, 6 en 8 beddens en beskik oor 'n badkamer, 'n kombuisie en 'n TV. Die tenthuise beskik oor 4 beddens en 'n badkamer. Gaste van die tenthuise het toegang tot 'n gemeenskaplike kombuis, vir daardie tenthuise sonder kombuise. Die villa het lugversorging en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-leefarea en -kombuisarea. Die kampeerplekke is op grasperke, onder skaduryke bome of geplaveide staanplekke met opwas en ablusiegeriewe word voorsien asook kragpunte en braaigeriewe.

Gaste het toegang tot 'n verskeidenheid geriewe en doendinge by die oord, soos koue en warm binne- en buiteswembaddens, Jacuzzi's, trampoliens, snoeker en swembad, gholf en avontuurminigholf, ponieritte, vlugbal, muurbal en tennis. Neem asseblief kennis dat die waterglybaan gesluit sal wees vanaf 30 Mei – 23 Junie 2022. Die binne- en buite-verhitte swembaddens sal normaalweg funksioneer

Die oord spog met 'n gelisensieerde restaurant met 'n gedeelte vir wegneemetes, 'n sportkroeg, konferensiegeriewe, en 'n goed gevulde winkel en bottelstoor. Daar is ook 'n OTM op die perseel vir gaste se gerief.

Plaaslike besienswaardighede in die omliggende area sluit Hartbeespoortdam, Lesedi Cultural Village, Pilanesberg Nasionale Park, Kgaswane Natuurreservaat, Wieg van die Mensdom en Sterkfonteingrotte in.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Konferensiegeriewe
Spa
Swembad
Alle maaltye beskikbaar
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 371 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.5
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Willie D
Saam met lewensmaat
5.0
Het die rustigheid waardeer. Bespreking was 100% in plek, ontvangs was goed, oord was skoon.
Feb 2025
Jacqueline M
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlike oord met baie dinge om te doen. Netjies en vriendelike diens. Baie gerieflike oord.
Feb 2025
Mariette V
Gesin met klein kinders
5.0
Excellent - very clean. Very friendly staff, the unit was clean and the swimming pools were excellent.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Feb 2025
Karien J
Gesin met klein kinders
5.0
Lieflik met pragtige fasiliteite. Sien sterre.
Feb 2025
Carina E
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlike ontspanne, mooi omgewing. Buffelspoort ervaar was wow! Dit was great.
Feb 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

ATKV Geverifieer

Eiendomme 8

Resensies 2596

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • R104, Rustenburg, 0284, Noordwes
  • Gaste dink ATKV Buffelspoort het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 450
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 450
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2009 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R104, Rustenburg, 0284, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb75c7d3da3f25990185f06ffed873312e1fcb650d4ae569b5678ceda4e898671bc3e799d4457a894f0e3a84f4d95b914a5e9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R450 per nag (plek vir 6) 371 5 1 5 R104 Rustenburg 0284 Noordwes 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -25.759221683951 27.486988126221

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang