Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Arpa Guest Farm

  • Kapasiteit: 31 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 14:00
  • Adres: Arpa Plaas 203, Fouriesburg-distrik, Fouriesburg, 1111, Vrystaat
  • Vanaf R800 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Arpa Guest Farm is sowat 6 km vanaf Fouriesburg op die Clarens-pad geleë. Fouriesburg is 'n klein dorpie in die Oos-Vrystaat, geleë in die Brandwaterkom. Die Lesotho-grenspos van Caledonspoort is sowat 8 km vanaf Fouriesburg. Die plaas het 180 grade uitsigte oor die berge en is reg langs 'n dam geleë en sowat 20-50 meter van die eenhede af.

Daar is 6 eenhede beskikbaar vir bespreking. Die verblyf het plek vir 35 gaste. Arpa Adventure Farm is 'n "groen" plaas wat nie van netkrag gebruik maak nie. Sonenergie word vir ligte gebruik. ’n Donkieketel van 800 liter word vir die warmwatertoevoer gebruik. 'n Kragopwekker is beskikbaar vir haardroërs

Daar is geen TV's om aandag af te lei van die plaaslewe en aktiwiteite wat aangebied word nie. Daar is genoeg komplimentêre vuurmaakhout vir boma-vure, maar gaste moet asseblief hul eie houtskool saambring.

Die hele plaas kan uitgeboek word en is ideaal vir verjaarsdagpartytjies of troues teen 'n vaste tarief. Doen asseblief navraag oor die tarief.

Die eenhede word op versoek sonder ekstra koste gediens.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 70 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Frans V
Saam met vriende
5.0
Fantasties. My no. 1 plek vir rus en saligheid vir die siel. Naby aan die Lesotho-grens en Clarens - Golden Gate. Ek verkies die solar, gas en hout vi...
Sien meer
Jan 2025
Chantelle K
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig, natuurlewe, ontspannend net wat mens nodig het. Dienste was tops. Op aankoms so welkom gevoel en baie privaat. Sal definitief weer Apra besoek...
Sien meer
Des 2024
At V
Gesin met klein kinders
5.0
Lekker. Rustig, omring met natuur, 'n plek waar mens kan afskakel.
Des 2024
Marie V
Saam met lewensmaat
5.0
Weereens 'n lekker wegbreek. DIe uitsig is asemrowend, so lekker om oor die dam te kyk en die voëllewe dop te hou. Die gasheer is vriendelik en hulpva...
Sien meer
Nov 2024
Deon O
Saam met lewensmaat
5.0
Awesome location. Nice, clean, and everything you need for a different experience.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Christo Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 70

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Arpa Plaas 203, Fouriesburg-distrik, Fouriesburg, 1111, Vrystaat
  • Gaste dink Arpa Guest Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 800
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 800
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 31 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 14:00
  • Adres: Arpa Plaas 203, Fouriesburg-distrik, Fouriesburg, 1111, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAsbyZIZFeyXN2m3a5wlFZrFRlHiQ33sGlDSPtG4DgPMXR3ChCE9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag, vir 2 mense 70 5 1 5 Arpa Farm 203 District Fouriesburg 1111 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 14:00 -28.636825619366 28.253713058981

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang