Geverifieerde Resensie
Vosburg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Vosburg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 119 resensies.
"Die mense van Vosburg is baie gasvry en hulpvaardig. Die dorp lyk bietjie gehawend en van die mooiste plekke soos die skool en koshuis is nou bouvalle. Dis baie hartseer om te sien, maar daar is 'n handjie-vol mense, soos die eienaars van die Karoo Country Inn, wat hul bes doen om die dorp tot sy volle glorie te herstel. Ons wens julle alles van die beste toe, en hoop om oor 'n jaar of so weer 'n draai te maak."
"Vosburg is 'n mooi dropie, kort net hier en daar 'n besigheid waar jy die nodige items kan koop wat jy by die huis vergeet het."
"Die kerk en die museum is 'n moet-kyk. Die Die Ketel Koffie Huis en tuisnywerheid is ook 'n treat."
"Vosburg word, anders as baie ander kleiner plattelandse dorpies, mooi in stand gehou en het 'n baie mooi kerk wat regtig die moeite werd is om te besoek. Mens ervaar die tipiese Karoogasvryheid oral waar jy beweeg en/of met die mense praat. Ons wil graag weer daar oorslaap en meer leer van die dorp en sy mense. Vosburg is ook ongeveer halfpad tussen Gauteng en Kaapstad en dus 'n baie goeie oornagpunt vir al die mense wat nie via die N1 of N12 wil reis nie maar eerder die meer "scenic route", met baie minder verkeer, verkies."
"Quaint, clean little town with two places to eat. Friendly people. Loved this place."
"Vosburg was 'n groot verrassing. Die dorp is in 'n baie goeie kondisie. Net baie stil. Wat vreemd, maar nie onaangenaam, was nie. Ons het die duisende swaeltjies en mak kraai baie geniet. Selfs die baie sprinkane was 'n groot belewenis."
"Die klein Karoodorpie is seker die rustigste en skoonste dorp in die Karoo. Dit kom altyd voor of die mense van Vosburg weet waaroor die lewe eintlik gaan en dit ook daarvolgens lewe."
"Die dorp is niks nie en als is duur wat daar is, maar dit is platteland en in die boendoes. Maar die paaie is baie mooi en geen potholes nie. "
"'n Absolute juweel, sal volgende keer beslis meer tyd daar deurbring. Manna vir die siel."
"Vosburg is a delightful surprise - it is clean and tidy, peaceful, beautiful big trees provide shade. The people are very friendly - even the sheep and dogs! Didn't have a chance to visit the pub as it was closed, but was keen to meet more locals."
"Vosburg het 'n baie mooi kerk. en is goed versorg en 'n regte plattelandse dorpie waar alles netjies en versorg is. Dankie dat ons Vosburg kon ervaar."
"As 'n klein plekkie jou hart warm maak, is Vosburg beslis 'n plekkie om nie mis te ry nie!"
"Alles was ongelukkig reeds toe met ons aankoms, maar ons kon deur die dorp stap. Baie skoon."
"Vosburg is 'n juweel wat wag om ontdek te word deur die reisiger vir wie die reis deel is van die ervaring."
"Vosburg is 'n baie, klein plekkie met ongeveer sewe-en-twintig inwoners, maar as die lewe op klein plekkies jou interesseer is dit beslis 'n moet."
"Klein, skoon, stil en rustige dorpie met nog tipiese Karoo-boustyl huisies (stoepe teen die grondstrate en hortjies vensters.) Petrolpompe toe van Saterdagmiddag tot Maandag. Naaste dorp so 60 km en nie altyd selfoonontvangs op hierdie pad nie."
"As jy daarvan hou om ongestoord klein, plattelandse dorpies met hulle pragtige, historiese argitektuur te verken, dan sal jy beslis van Vosburg hou. Die dorpie is pragtig skoon met 'n wonderlike ou-wêreldse bekoring."