Geverifieerde Resensie
Vanrhynsdorp
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Vanrhynsdorp bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 341 resensies.
"Vanrhynsdorp is 'n pragtige plek met baie besienswaardighede rondom hom. Skoon en netjies. Die vriendelikste mense. "
"Baie oulike dorpie. Skoon met alles wat mens basies nodig het en baie vriendelike mense. Ons het by Muis Huis ontbyt gehad wat uit die boeke was."
"'n Baie oulike dorp wat moeite doen om toerisme te bevorder. ZAR Restaurant 'n moet om te besoek."
"Vanrhynsdorp is seker net 'n toeristebestemming tydens blommetyd of oppad na Namibië? Was ideaal vir laasgenoemde."
"Die mense se vriendelikheid en behulpsaamheid is soos die hele Weskus baie aangenaam. Drie baie interessante museums. Lewenskoste in die gebied is baie goedkoop."
"We enjoyed Vanrhynsdorp! Quaint town with delight coffee/craft shops. The Old Jail is of special interest the way they have made it into a coffee/craft shop. We had an amazing meal at the Caravan Park Restaurant - best value for money."