Geverifieerde Resensie
Swartland
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Swartland bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 209 resensies.
"Riebeeck-Wes: Baie oulike plek - kan sien dat daar gewoel en gewerskaf word. Heerlike gemeenskap en 'n lewendige atmosfeer. Sal beslis weer soontoe gaan. Lieflike omgewing, vol interessante stories. "
"Pragtig plek. Skoon en netjies. Amazing Spar op die dorp. Sal graag daar gaan bly!"
"Weet nie veel van die geweste nie, maar ons gaan verseker terugkeer om die gebied verder te verken! "
"Hierdie dorp doen baie moeite om die gemeenskap aan die gang te hou. Treffend was die feit dat daar nie bedelaars op straat is. Duidelik doen hulle baie werk om die misdaad te bekamp en jeug besig te hou. Ons was baie beïndruk met Darling. Darling doen iets reg!"
"Dis 'n baie stil en vriendelike dorpie. As jy lus is vir wegbreek en net ontspan, is dit die area waarheen jy moet gaan. "
"Ongelooflike dorpie en omgewing. Jy mis uit as jy nie hierdie area besoek as deel van jou Kaap-vakansie nie. "
"Dit was baie gemaklik. Die mense was almal baie vriendelik en die ontbyt was baie lekker."
"'n Goeie bestemming met 'n kaleidoskoop van moontlikhede om te verken, en behoort aan die verwagtinge van jonk en oud te voldoen."
"Wat 'n plesier om deur die dorp, veral woonbuurt te kon ry. Baie naby aan stad."
"Dit is 'n pragtige, skoon dorpie met baie vriendelike mense. Kan dit aanbeveel vir enige toekomstige besoekers."
"Wonderlike ligging. Dis bietjie iets anders, veral met die fokus op platteland en olywe. Sal definitief weer kom."
"Not a tourist attraction itself, but great if you are doing tourist activities in the region."
"Ek was baie verbaas gewees opm te sien hoe Malmesbury uitgebrei het. Dit is 'n volwaardige dorpie met baie interessante plekke wat jy kan besoek in en om die dorp. Mense is baie gasvry en dit is geleë in 'n ongelooflike mooi omgewing!"