Geverifieerde Resensie
Robertson
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Robertson bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 525 resensies.
"Take a drive through the town center and you'll see some beautiful houses and a thriving community. The wine farms are close and produce some top-quality red and white wines."
"Some lovely wine farms, in particular Van Loveren, Graham Beck and Springfield. Saggy Stone brewery has a lovely location but a bit far out of town."
"Daar is net soveel om te doen. Ek wil my kano inpak, my bergfiets saamneem, by meer wyn-plase wil uitkom, Montagu se trekker-rit berg-op wil inpas en nog soveel meer. Ek sal moet teruggaan."
"Vergeet al die restaurante is gesluit op Maandae behalwe Lovern in Voortrekkerweg. Hulle kos was uitstekend."
"Baie onvriendelike mense. Met my eerste besoek aan Robertson stop ons met aankoms by die padstal “Affie Plaas” om 16:45. Ons stap die padstal binne en begin lekker rondkyk en vind dit 'n baie aangename padstal. Die eienaar kom 16:55 na ons toe en vra ons om asb. te gaan betaal want die werkers se vervoer wag vir hulle. Dit was opvallend dat sy vrou die persoon is wat die kassier was. Ons het dit baie onbeskof gesien, want daar was geen werkers betrokke by ons besoek nie."
"Dit was my eerste besoek aan Robertson en beslis nie die laaste nie. Die wingerd- en vrugteboorde tesame met die berge het sy eie bekoring gehad, rus vir die siel!"
"Wat 'n besondere juweel. Die dorp en omgewing is gefokus daarop om dit 'n toeristebestemming duisend te maak!"
"Ek is oorspronklik van Robertson. Ek sal altyd mense verwys na Robertson toe omdat ek weet dat dit 'n verskriklike mooi plek is, en mense van buite dit altyd sal geniet."
"Pragtige omgewing met baie om te sien en doen in die omgewing. Ons kom definitief terug."
"Puil ligging vir verkenning van daai deel van die Kaap. Groot dorp met alles wat mens nodig het."
"Mooi dorpie, daar het 'n paar mooi geboue, kerke, goeie tuisnywerheid, eetplekke behoue gebly in die dorp en die mense is baie vriendelik."
"Pragtige dorpie. Ons het heerlik gekuier by Van Loveren wynplaas se restaurant Christina's onder hul lower groen bome. By Esona wynplaas het ons 'n unieke wy proe gehad in hul kelder. Ons het ook Birds Paradise besoek. Pragtige plek om jou kinders heen te vat. Four Cousins Restuarant op Robertson is 'n moet. Sal vir seker weer wil gaan kuier op Robertson."
"Robertson is a lovely destination, everyone is so friendly and accommodating. The wine farms are all embedded in its own unique natural surroundings and openly available for all. Definitely a place to revisit."