Geverifieerde Resensie
Port St Johns
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Port St Johns bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.7 uit 5 gekry volgens 42 resensies.
"Die mooiste natuur, maar ontwikkeling het agtergebly. Strande is nie netjies nie, jy wil nie daar swem nie."
"Port St John's was 'n teleurstelling. Dit lyk asof dit dalk in die verlede 'n mooi dorpie was, maar dit is nou vervalle en vuil. Die natuur is egter nog steeds asemrowend."
"Also very friendly for little kids; nannies and special restaurant for only kids. "
"Mooi dorpie aan die Wildekus. En sommer baie kans om met die plaaslike kultuur in aanraking te kom."
"Wees baie versigtig om a bootrit op die rivier by Offshore Africa te bespreek - hul besprekingsisteem is nie van die beste nie en hul kanselleer op kort kennisgewing as jy nie deel is van 'n groot groep nie. "
"Het net een nag oornag. Kan dus seker nie te veel sê nie. Die roete om daar uit te kom was wel baie onaangenaam (die pad is netjies, maar honderde draaie/kinkels - was later skoon karsiek). Wou graag swem, maar daarteen beveel gegewe haaie. Het baie lekker geëet by Steve's Pub."