Geverifieerde Resensie
Paternoster
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Paternoster bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1561 resensies.
"Paternoster is een van die mooiste dorpies in ons land. Dit is jammer dat al die (onwettige) kreefverkopers, bedelaars en geleentheidsdiewe die ervaring effe versuur."
"Wat 'n verrassing was die dorpie se knus klein teater wat gereeld opvoerings aanbied. Mag Die Koelkamers vir altyd en altyd voortgaan met hierdie weelde."
"Dis uniek om te sien, maar oorslaap is definitief genoeg. Sal nie meer as 1 dag daar spandeer nie - te min om te doen vir my persoonlik."
"Die restaurante by die waterfront was leeg en dit was ietwat verrassend. Net buite die dorp het ons die lekkerste koffie en ontbyt gehad by 'n plekke genaamd Mondvol. Rustige dorpie wat besig is om uit te brei."
"Dis pragtig hier, lieflike restaurante, mooi see-uitsigte. Netjies en skoon. Vriendelike mense. "
"Dit is 'n besonderse kultuur en skilderagtige dorpie met die mooiste see-uitsig. Dit skep 'n rustige atmosfeer en definitief 'n plek waar jy kan kom aftree om weg te kom van die gewoel van die stadslewe."
"Paternoster is asemrowend mooi. Jammer dat misdaad so erg aan die toeneem is daar."
"Gereelde strandskoonmaak sal die plastiek en rommel probleem op strande drasties verminder. Meer vullisdromme in dorp sal ook help om rommelstrooiing te verhoed. So 'n mooi dorpie wat behoue moet bly."
"We had a couple of unexpected hawkers trying to sell things while we were inside the property. We however handled it."
"Paternoster is a wonderful town and have been there a few times. A lot of places are closed during winter so not ideal if you're looking for a buzz. But wonderful if you are looking for a relaxed getaway. The locals are very friendly."
"Paternoster bring 'n rustigheid oor 'n mens en is die ideale vakansieplek as jy will destress."