Geverifieerde Resensie
Kouga Country
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kouga Country bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 228 resensies.
"Baie sentraal tussen Loerie en Patensie, wag in spanning vir Sarah Baartman Remembrace-sentrum om oop te maak."
Marina Martinique, Kouga-Omgewing
Marina Martinique 1152"Ideale plek as jy wil rus en afskakel van 'n besige lewe."
"Kan nie regtig kommentaar lewer op die vraag nie, want ons was nie tot by Loerie nie. Die omgewing wat ons beleef het, sal egter enige natuurliefhebber se hart verbly."
"Wavecrest is naby Jeffreysbaai se strande, asook naby die sentrale dorp. Dit is 'n mooi woongebied en is stil."
Marina Martinique, Kouga-Omgewing
Marina Martinique B&B"Dit is nie te duur vir die gehalte nie. Ek stuur my kinders ook nou vir hul honeymoon soontoe. Miskien jammer dat daar nie 'n ander roete daarna toe is nie. Sou beter gewees het as daar 'n roete langs die see was na Marina Martinique. As mens op vakansie is, wil jy nie verby plakkershutte ry na jou bestemming nie."
"Ek persoonlik dink nie Humansdorp self is veel meer as 'n klein, slaperige, plattelandse dorpie nie. Maar dit is baie naby aan Jeffreysbaai, St Francis, Oesterbaai en net 'n uur of so se ry van verskeie lieflike strande by plekke soos Stormsriviermond en Plettenbergbaai. 'n Baie goeie basis vanwaar jy allerhande wonderlike plekke kan besoek. En die dorp het genoeg supermarkte en "Fast food"-winkels om jou maag permanent vol te hou, asook meeste van die groot banke. Die inwoners is vriendelik en behulpsaam. "
"Sal nie as 'n toeristebestemming beskou nie, maar is naby die werklike toeristebestemmings! "
"Beautiful, tranquil place, not crowded at all. Beautiful sea. Plenty of activities to enjoy as a family. Friendly locals. Easy to find your way around."
"An interesting ageing country town, laid back, fairly clean, with reasonably managed social change."
"Naby genoeg om binne 'n paar minute se ry, by al die hoof aantreklikhede en restaurante te wees."
"Loerie is 'n klein plattelandse dorpie wat nie tans al mens se behoeftes kan dek nie, jy moet uitry Jeffreysbaai toe vir 'n groter verskeidenheid, wat tog net 30 km weg is. "