Geverifieerde Resensie
Klaarstroom
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Klaarstroom bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 10 resensies.
"Daar is nie veel te doen in Klaarstroom nie, maar dit is deel van die betowering. Die sterre is so helder dat dit voel asof jy daaraan kan raak."
"Die rustigheid laat mens net lekker ontspan. Weg van die gewoel in die stad."
"Klaarstroom het nie veel om te bied nie, want dis baie klein. Ons het by die hotel gaan kuier vir ontbyt en het dit baie geniet."
"Klaarstroom is behoorlik 'n "one horse town", maar voorwaar 'n besoek werd."
"Mooi dorpie met net 'n paar huise. Hier kan mens nog stilte en rustigheid beleef."