Geverifieerde Resensie
Jeffreys Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Jeffreys Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 777 resensies.
"Dit is een van die mooiste strande in die wêreld. Nie net in Suid-Afrika nie."
"Ek dink Jeffreysbaai is 'n wonderlike vakansieplek sal weer gaan vir langer een aand is te min."
"Ons het Jeffreysbaai baie geniet en sal met ons volgende besoek langer bly."
"Baie mooi plekke om na toe uit te ry vir die dag wanneer dit bietjie winderg op die strand is."
"Jeffreys het 'n aangename vakansieatmosfeer en mens hou lekker vakansie daar. Dit is egter net jammer dat Jeffreys se plaaslike regering nie die infrastruktuur van Jeffreys voldoende in stand hou nie. Die paaie asook water kwaliteit is nie na wense nie. Daar is die aller mooiste huise, en eienaars het heelwat belê in hul eiendom maar word teleurstellend in die steek gelaat deur die plaaslike regering. "
"The beaches are breath-takingly beautiful and the restaurant food offerings are creative and price efficient. Love this part of the world!"
"Baie vriendelike mense en restaurante is uitstekende diens en pryse. Pragtige strande. Veilige omgewing om met kinders rond te beweeg. Daar is 'n stil en rustige atmosfeer."
"Akkomodasie is geskik vir 'n verskeidenheid soorte besoekers, sakereisigers, families asook toeriste. "
"Wonderlike plek, soveel so, dat ons 'n vakansiehuisie in Wavecrest gekoop het. En terwyl ons gesoek het na die huisie, het ons by Bay Cove Inn tuisgegaan! Wavecrest is stil en rustig met beeldskone see views en strande!"
"I think the beach is lovely but I did not like the hawkers on the streets and the shoddy, overpriced supermarkets."
"Enige iemand wat graag vir 'n week lank op die strand wil stap en skulpies optel moet Wavecrest prober - dit was heelik."
"Lekker sentraal geleë. Goeie woonbuurt. Baie eetplekke."
"As jy ontspan by die see, is dit net die regte plek. Daar is baie oulike plekke om te besoek, nie te ver van daar nie."
Marina Martinique, Jeffreysbaai
Abundance"Dit is 'n pragtige vakansiebestemming. Dit is nie die oord se skuld nie, maar die wind wat 6 DAE AANMEKAAR gewaai het, maak jou mismoedig!"
"Mooi area met mooi see en lagoon. Nie 'n swemstrand nie en bietjie ver van middedorp en hoofstrand."
Marina Martinique, Jeffreysbaai
Marina Martinique B&B"Baie lekker atmosfeer en baie aangename ervaring."