Geverifieerde Resensie
Elands Valley
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Elands Valley bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 121 resensies.
"We lived there over a decade ago. Sadly it has declined since then but there are nice places to visit in the area."
"Krugerhof is mooi opgepas en heel insiggewend, maar die res van die dorpie het min gebied."
"Die pad benodig bietjie aandag vir mense met gewone motorvoertuie, trappies na die waterval is nodig."
"Ons het dit 'n onbegonne taak gevind om Waterval Boven of waterval onder te kry, en was op die ou einde huis toe sonder om een of die ander ooit te sien. Ons sou graag voorstel as dit moontlik is om dit prioriteit te probeer maak om hierdie besienswaardighede meer bekombaar te maak vir besoekers. Die Kruger huis was uitstekend in sy netheid en opsomming van geskiedenis kamer vir kamer. "
"Ja die Kruger-huis is omtrent net oorkant die pad en die trein ervaring is prysloos!"
"Grondpad in die omliggende omgewing kan na gekyk word, die pad is nie regtig gepas vir mense met lae voertuie nie."
"Nie veel oor waterval boven nie, maar Kaapsehoop is so 30 min se ry vanaf luilekker, 'n heerlike ondervinding en die moeite werd om te besoek."
"Sal sê hulle moet meer toeriste-aantreklikhede daar aanbring, want op die staduim is dit net 'n dorpie en dit het nie veel aantrekkingskrag nie. Vind geen baat daar nie. "
"Goeie bestemming, maar daar sal iets rondom die paaie gedoen moet word in daardie omgewing."
"Baie gerieflike oornagplek op pad na die Krugerwildtuin, asook Mosambiek."
"Dis net jammer dat die dorpie se strate uitmekaar val. Sal beslis teruggaan om die klip sirkels te besoek. Dis 'n onbekende toeriste attraksie wat fasineer. Die tolhek by Machado is baie duur."
"Dit is klein verlate dorpie wat agteruit gegaan het en ek beveel niemand aan om die dorp te besoek nie."
"Waterval Boven is 'n historiese dorpie en daar is baie besienswaardighede. Pragtige brûe en watervalle. Natuurskoon lieflik. Al wat pla is dat daar geen Spar of kruideniersplekke is nie, asook geen kaartfasilitiete in 'n paar winkeltjies wat wel handel dryf nie. "